Die Musiekbediening dien die gemeente deur die Lof en Aanbidding in ‘n hedendaagse styl tydens die eredienste te lei. Ons speel by die KFM (08h30) en die 5FM (18h30) diens, asook by spesiale dienste soos Pinkster en Groot Lydensweek. Die Kerssangdiens is elke jaar een van ons groot hoogtepunte. Ons lewenslustige groep bestaan uit ‘n klomp gesellige mense wat spanwerk verstaan.

Ons is geseënd om ‘n groot groep musikante by die bediening betrokke te hê, daarom werk ons op ‘n rotasiebasis waarvolgens musikante ongeveer elke tweede week ‘n speelbeurt geniet.

Indien jy betrokke wil raak, kontak gerus vir Johan Steenkamp by johans@ngkenridge.co.za