Liewe ouers,
Eerstens ‘n baie belangrike saak:
Ons is opsoek na nog vrywilligers vir die tienerbediening groepe. Die behoefte is pertinent:
Ons het ook ‘n paar name nodig vir aflosse om te kan instaan vir die gereelde leiers wanneer hulle nie beskikbaar is nie. Kontak my asseblief direk om aan te meld of bykomende inligting.
Ons het die afgelope Sondag die vierde week van ons 40 Dae reeks, Jesus ruik na mirre en stof se tema, Jesus ruik na parfuum hanteer. Ons het die tema bespreek aan die hand van Markus 14:1-9 (Afrikaanse Bybel vir Almal – https://bible.com/bible/2/mrk.14.1-9.ABA.) Ons het die tema soos volg saamgevat:
Luister gerus as huishouding die daaglikse MP3 oordenking vanaf ons gemeente se SoundCloud profiel (https://soundcloud.com/ng-kenridge) om verder oor die tema te reflekteer en dit te integreer met jul lewens. Buiten die daaglikse teks en oordenkingsvrae is dit vol praktiese maniere om hierdie week hierdie tema deel te maak van ons alledaagse geloofslewe.
Die veranderde inperkingsregulasies mag ʼn impak op komende Sondag se byeenkoms hê. Hou daarom jul oë oop vir die reëlings op ons sosiale media blaaie, die VrydagNuus asook die reëlings e-pos wat Vrydag sal uitgaan. Ons gesels die komende Sondag oor die tema “Jesus ruik na bloed” wat ons duideliker laat rigting inslaan na Goeie Vrydag oor ʼn paar weke.
Ons kom weer hierdie Sondag in-persoon bymekaar en die volgende is belangrike inligting daarvoor:
Vrywilligers:
– 1 persoon by die graad 10 seuns
Skakel my gerus direk vir meer inligting.
Streng COVID protokol sal geld: