Ons…: |
||
Luk 7:11-17 | …gee om | (brugbouers het ander mense baie lief) |
1 Joh 2:1-6 | ...leef met integriteit | (brugbouers leef soos Jesus) |
1 Kor 12,13 | …dien met al die gawes van die Gees | (brugbouers bou met al die gawes van die Gees) |
Gen 28:10-22 | …bedien eietyds | (brugbouers verstaan God se liefde altyd nuut) |
Filemon | …luister na God en na mekaar | (brugbouers luister na God en na mekaar) |
Rom 15 | ...omhels diversiteit | (brugbouers is verskillend) |
2 Kor 5:16-21 | …getuig van Jesus se verlossing | (brugbouers span saam met God se Seun) |
Luk 23:26-43 | …verwelkom almal | (brugbouers sluit niemand uit nie) |
Bedieningsbenadering
Eredienste bly ‘n sentrale bedieningsgeleentheid van die gemeente waartydens bedieningsaspekte soos Bybelonderrig, toerusting, koördinering van aksies en projekte, aanbidding, lof, gemeenskap met mekaar, feesviering, missionele lewe, offervaardigheid, diens en gemeentekommunikasie, aandag kry.
Individuele bedieningsgeleenthede wat in plek is, is die volgende:
a. pastorale gesprekke en versorging
b. elektroniese kommunikasielyne soos die VrydagNuus, die gemeente se webtuiste, sosiale media en e-posse
c. eredienste en Sondagbulletins
d. besoeke
e. funksies, uitreike en projekte
Die leraars neem verantwoordelikheid vir ‘n geografiese area:
Protea Vallei, Doordekraal, Welgemoedheuwels – Jurie Gouws
Oude Westhof, Van Riebeeckshof, Kanonberg – Dave Viljoen
Buite wyke – Christi Thirion
Welgedacht, De Bron, Kenridge – Willem Lötter
Tygerberg kampus – Johan Steenkamp
Dankoffer bydraes: Lidmate kan finansïele bydraes maak deur middel van elektroniese oorbetalings, debietorders, Snapscan, bydraes in die mandjies tydens eredienste of dankofferkoeverte.