• Facebook
  • Twitter
  • Instagram
  • YouTube
  • SoundCloud
  • 49-497719_icon-white-black-whatsapp-png-

Kontak

Kerkkantoor

Telefoon: (021) 913-4206
Faks: (021) 913-6043
E-pos: kantoor@ngkenridge.co.za

Kantoor ure: Maandae tot Vrydae 09:00 tot 13:00

(tydens die inperkingstyd)

Fisiese Adres: Maestrichtstraat 2, De Bron, Bellville

Posadres: NG Kerk Kenridge, Posbus 3239, Tygervallei, 7536

Dankie vir jou boodskap!

sincerely-media-dGxOgeXAXm8-unsplash.jpg
 

Vrae en vorms

 

Hoe werk die doopproses?


Ons doop die 1e en 3e Sondag van elke maand. Doop registrasie moet asseblief teen die 15e dag van die maand, wat die doop voorafgaan, gedoen word. Vul asb. die doop registrasie vorm in. Die leraar wat die diens lei, sal met die ouers ‘n doopgesprek hou. Doophandleidings vir die gesprek kan by die kerkkantoor afgehaal word. Indien jy enige ander vrae het kontak gerus die kerkkantoor. > Laai die doopregistrasievorm af.




Hoe registreer ek vir belydenisaflegging?


Belydenisaflegging word gewoonlik gedoen as die jongmens in Graad 12 is. Twee geleenthede word gedurende die jaar uitgesit vir die jongmense. In graad 10 doen ons die belydenis kamp en in graad 11 is die belydenis klasse op Sondae. Vir meer inligting kontak Christi Thirion.




Kan ek een van die gemeente se lokale huur?


Ja, jy kan. Alhoewel kerkaktiwiteite voorkeur kry, word ons fasiliteite wel uitverhuur indien daar beskikbaarheid is. Skakel asb. die kerkkantoor vir meer inligting. > Laai die lokaal bespreking vorm af.




Hoe registreer ek as 'n nuwe intrekker?


Welkom by Kenridge Gemeente. Vul asb. die nuwe intrekker vorm in sodat ons jou op ons databasis kan plaas (dan bly jy op datum met gemeente nuus) en jou lidmaatskap kan aanvra. Indien jy enige ander vrae het kontak gerus die kerkkantoor. > Laai nuwe lidmaatvorm af.





Raak betrokke by die gemeente