chewy-59TTmbSL1Yw-unsplash.jpg

Kenridge mark

Wintermark 2022

Ons het met groot hoop en baie ywer aan ons 2022 Wintermark beplan en gehoop dat ons weer, soos in 2019, twee markte dié jaar kon hou. Ongelukkig lyk dit asof die dinamika van “mark hou” baie verander het die laaste paar jaar, en na vele besprekings moes ons die moeilike besluit maak om liewers nie voort te gaan met die 2022 Wintermark nie.

 

Vir ons bly dit baie belangrik om ‘n goeie verhouding, en reputasie, onder ons markers en die publiek te hê.  Ons het ongelukkig nie genoeg aansoeke ontvang om die mark winsgewend te maak vir elkeen van ons spesiale markers nie en voel dat ons meer afbreek sou doen aan die mark se beeld sowel as julle as markers.

 

Ons beplan wel om voort te gaan met ons Geskenkemark in November en moedig julle aan om ons mark Facebook bladsy dop te hou vir meer inligting. Ons wil jou graag bedank vir jou bereidwilligheid om deel te wou wees van ons Wintermark en ons hoop ons sien jou aansoek weer vir ons Geskenkemark later in die jaar.

Aflaaibare dokumente

Volg later...

Volg later...

priscilla-du-preez-5s07Z1h2EE8-unsplash.

Skakel in

Vir enige navrae, kontak ons by die besonderhede hier langsaan.

Kontak ons