top of page
pedro-dias-HtwsbbClBOs-unsplash.jpg

Bediening na buite

Brugbouers in die wêreld

Bediening na Buite help Kenridge Gemeente om prakties brûe te bou soos Jesus. Ons bied verskillende geleenthede vir gemeentelede om te kan uitreik, oor grense te kan beweeg en om betekenisvolle verhoudings met medegelowiges te kan bou. Jesus roep ons om om te sien na weerlose mense. 
 

Ons is betrokke by verskeie organisasies en vennootskappe wat die belange van weerlose mense op die hart dra (kinders, mense met gestremdhede, seniors en werkloses).

Hierdie organisasies/vennootskappe sluit in:

  • Sobambisana Community Development Projects

  • Ruyterwacht Senior Sentrum

  • Great Commission Network

  • Alta du Toit Nasorg vir intellektueel gestremdes

  • Zithulele Vennootskap

  • Maitland Vennootskap

Uitreikkwartaal videos

Jy kan op verskillende maniere deel raak van Bediening na Buite se werk:

 

  • Weeklikse uitreike: Ons besoek weekliks Sobambisana en Alta du Toit Nasorg.

  • Maandelikse uitreike: Ons besoek maandeliks vir Huis Ravenzicht, Maitland Gemeenskapskerk, Ruyterwacht Senior Sentrum en God’s Merciful Hand’s Ministries.

  • Kwartaallikse uitreike: Een maal per kwartaal het ons ‘n “werksdag” by Sobambisana waar ons instandhouding en herstelwerk doen.

  • Jaarlikse uitreike: Ons besoek jaarliks die gemeente in Zithulele, doen instandhouding aan die pastorie en bied ‘n winterskool aan vir die plaaslike hoërskoolleerlinge.

  • Insamelings: Hou ons afkondigings dop vir verskillende insamelings deur die jaar soos die Week van Oorvloed insameling tydens Pinkster

  • Finansieel: Maak ‘n finansiële bydrae tot Bediening na Buite se werk

Nuutste bedieningsnuus

Aflaaibare dokumente

Bediening na Buite brosjure

Nuus uit Switserland

pedro-dias-HtwsbbClBOs-unsplash.jpg

Skakel in

Ons bied verskillende geleenthede vir gemeentelede om te kan uitreik, oor grense te kan beweeg en om betekenisvolle verhoudings met medegelowiges te kan bou.

Kontak ons

Naam: Dave Viljoen
Nommer: 083 303 1251
Epos: davev@ngkenridge.co.za

bottom of page