
Gespreksgeleenthede oor Treur en Verlieshantering
‘n Inisiatief van die Pastorale Ondersteuningsdiens “If life is a school, loss is a major part of the curriculum. We eventually lose...
Die fokus van die Pastorale Ondersteuningsdiens is om individue en sisteme pastoraal-terapeuties (psigo-spiritueel) te begelei en te bemagtig in die proses van die ontdekking en integrering van betekenis (“meaning-making”) op die weg na heelwording en volwassenheid.
Treur en Verlieshantering
Die afgelope twee jaar is byna almal van ons gekonfronteer met verliese wat ons gely het. Die impak van die Covid-pandemie het ons treurprosesse baie méér kompleks gemaak as ooit vantevore. Dit het ook aan die proses van heroriëntering na ‘n verlies, nuwe en eiesoortige eise gestel.
Ons is deeglik bewus van die kompleksiteite van hierdie treurprosesse en daarom skep ons weer gespreksgeleenthede waar gemeentelede hulle belewenisse en vrae kan deel met ander wat soortgelyke ervarings gehad het.
Kom dink, gesels en bid saam met ons op
20 April en 4 Mei (Woensdae) tussen 19:00-20:30 by die kerk.
Kontak die kerkkantoor of vir Jurie Gouws vir meer inligting.
Word deel van ons gemeente en hierdie bediening - kontak ons by die besonderhede hier langsaan.