
Wat is ‘n aanbiddingslied?
Het jy al ooit gewonder wat ‘n aanbiddingslied (“worship song”) is? Ek het al letterlik honderde Christelike liedere gehoor oor die...
Families is die eerste plek waar geloofsvorming gebeur. Ons wil families help om doelbewus in hul huise te leef sodat hulle saam brûe sal bou soos Jesus.
Ons doen dit prakties deur:
Die familiediens
The World Needs a Father kursus
Doop Kategese
’n Vaderskap-kursus vir pa’s in enige lewensfase
Kursusdatum: 20 April – 22 Junie 2022 | Sluitingsdatum: 17 April 2022
Inleiding
Die kursus is bedoel vir pa’s wat graag meer doelbewus wil wees in die rol wat hul speel om hul kinders voor te berei vir die lewe. Dit loop oor agt sessies en word deur die pa’s alleen bygewoon.
Wie is die teikengroep?
Pa’s met kinders in enige lewensfase
Hoe lank is die kursus?
8 sessies (weekliks). Dit moet verkieslik sonder onderbreking gedoen word.
Meer inligting en inskrywingsvorm hieronder, onder aflaaibare dokumente.
Vir meer inligting kontak Teresa by ontvangs@ngkenridge.co.za
Volg later...
Ons bediening ontmoet gereeld aanlyn en aflyn. Hou hierdie spasie dop vir die datum, tyd en plek van 'n volgende geleentheid om by in te skakel.