matt-botsford-bBNabN9R_ac-unsplash.jpg

Tienerbediening

Belydeniskamp 2022

Belydenisklas (Gr 11’s) van 2022

“Save the date”

Belydeniskamp 14-16 Januarie 2022. Sien hieronder op die bladsy onder "aflaaibare dokumente" die inskrywingsvorm en al die inligting wat jy nodig het vir die kamp.

Vertel my meer oor belydenisklas?


Die belydenisklas se proses begin aan die einde van die graad 10 jaar, met die belydeniskamp. Tydens die kamp fokus ons op

  • die jongmense se doop,
  • dat God hulle elkeen op hul naam roep,
  • dat God elkeen roep om as dissipels agter Jesus aan te kom
  • dat God ons roep na ‘n gemeenskap van gelowiges – die kerk
  • dat God ons as individue en die kerk stuur met die Goeie Nuus.
Deur die graad 11 jaar integreer die belydenisklas met die gemeente se 40-dae en uitreikkwartaal reekse, terwyl ons tussen-in fokus op die basiese elemente van die Christelike geloof en die gereformeerde tradisie. Geloofsvorming en dissipelskap bly egter die fokus, eerder as kennis-inhoud. Vir inligting of navrae kontak vir:
Christi Thirion
Sel: 082 728 9762
E-pos: christi@ngkenridge.co.za




Hoe werk belydenisaflegging?


Vir leerders in graad 12 (na afloop van die graad 11 belydenisklas) word daar geleenthede geskeduleer gedurende die jaar om belydenis van geloof af te lê. Vir 2021 is daar nog 4 geleenthede beskikbaar. Laai die belydenisafleggingvorm hieronder af vir meer inligting hieroor. Kontak christi@ngkenridge.co.za of skakel asseblief die kerkkantoor vir enige verdere navrae.




Kan ek as 'n vrywilliger diens doen?


Jeugbediening 2022:

Ons begin reeds bid en droom oor die moontlikhede vir ons jeugbediening in 2022 met die hoop dat die inperkings op die huidige vlakke sal bly of selfs heeltemal sal lig. Ons nooi volwassenes en jongmense om aan te meld as vrywilligers vir die jeugbediening. Dit sluit in:

  • Groepleiers vir kleingroepe by die kinders en tieners
  • Helpers wat kan help om die hulpmiddels voor te berei en gereed te maak
  • Mense wat ons kan help met spesiale geleenthede

Indien jy geroepe voel om by die jeugbediening betrokke te raak kan jy Christi Thirion (christi@ngkenridge.co.za) of Susan Johnston (susanj@ngkenridge.co.za) kontak. Alternatiewelik kan jy die “raak betrokke” vorm op die webtuiste voltooi.




Lees die nuutste ouerbrief...


Kliek hier om die nuuste ouerbrief te lees.




Hoe werk byeenkomste onder inperking?


Die tieners kom soos volg bymemaar: ~ Graad 6 & 7 kom 10:00-11:00 in die Grootsaal bymekaar. ~ Graad 8 – 11 kom 18:00-19:00 in die Grootsaal bymekaar. Ons het tans 2 eredienste om 09:00 in die kerk (maks 400 mense) en grootsaal (maks 150 mense) en alle jogmense is welkom om dit by te wooon. Geen vooraf bespreking is nodig nie, maar streng Covid-19 protokol sal geld:
– Kinders wat nie 100% gesond voel nie, of komorbiditeite het, of vermoed dat hulle in kontak met ‘n Covid-19 draer was, moet asseblief by die huis bly.
– Kinders moet asb. te alle tye ‘n masker dra.
– Ontsmet asseblief jou hande wanneer jy by die kerk aankom.
– Hou asb. fisiese afstand.





 

Nuutste bedieningsnuus

Aflaaibare dokumente

Belydenisaflegging

Volg later

priscilla-du-preez-5s07Z1h2EE8-unsplash.

Skakel in

Ons sal per e-pos, op sosiale media en op die gemeente se website meer inligting plaas, soos dit beskikbaar raak.

Kontak ons

Naam: Christi Thirion
Nommer: 082 728 9762
Epos: christi@ngkenridge.co.za