top of page

40 Dae: Gebede wat altyd verhoor word - ‘n Gebedsreis deur Habakuk met Stephan Joubert.


Die meeste mense bid... soms voor ete, wanneer hulle siek is of vir iets wat hulle graag wil hê. Tog voel dit vir baie mense of God nie hulle gebede beantwoord nie. Hoekom verhoor God sekere gebede, maar “ignoreer” skynbaar ander?


Deur ‘n ontdekkende gebedsreis saam met die profeet Habakuk wys Stephan Joubert dat gebed nie gaan oor wat ons wil hê nie, maar wie God is. Gebed is nie ‘n hemelse eenstop-dien om in ons behoeftes te voorsien nie, maar om nederig op God te wag – en dan in sy Teenwoordigheid te bly.


6 Februarie – Ons bid beter (Lukas 11:1-13)


13 Februarie – Wanneer God se profeet regtig rof bid: God is nêrens! (Habakuk 1)


20 Februarie – Wanneer God se profeet tot bedaring kom en leer: In wag is daar krag (Habakuk 2:1-4)


27 Februarie – Wanneer God se profeet weet: God is nou hier! (Habakuk 2:5-19)

6 Maart - Wanneer God se profeet glo: God is oral (Habakuk 3:1-19)


13 Maart – Vanaf “God is nowhere” tot “God is now here” tot “God is everywhere”

Die reeks word in die Connect groepe behandel en sal op ons YouTube Kanaal


beskikbaar wees.

Skakel Michelle by die kerkkantoor vir meer inligting.

19 views

Recent Posts

See All
bottom of page