top of page

Die Gees as waarborg

Ons is God se eiendom. God het so duur betaal om ons Sy eiendom te maak dat Hy nie kan bekostig om ons ooit weer prys te gee nie. Hy pas Sy aardse beleggings baie goed op.

In Efesiërs 1:14 skryf Paulus dat die Gees die waarborg of deposito van God se kant af is, dat ons vorentoe alles van Hom sal ontvang, wat Hy in Sy twee Testamente aan ons belowe het. Die woord, wat Paulus hier in die Grieks vir ’n deposito gebruik, dui op ’n kooptransaksie, waar die eerste bedrag op ’n bepaalde item betaal word met die veronderstelling dat die res van die geld later oorbetaal sal word. Hoekom is dit so ‘n belangrike beeld van die Gees se werk? Wel, omdat dit die orde omkeer.


Nou is dit nie meer ons, wat een of ander deposito van gehoorsaamheid aan God moet betaal vir die voorreg om Sy teenwoordigheid en guns te mag geniet nie. Nee, nou werk dit andersom. Nou betaal God die offergeld op ons lewe.

En hierdie deposito is Niemand minder nie as die Heilige Gees nie!


Ons is God se eiendom. God het so duur betaal om ons Sy eiendom te maak dat Hy nie kan bekostig om ons ooit weer prys te gee nie. Hy pas Sy aardse beleggings baie goed op. Trouens, ons is so kosbaar vir Hom dat Hy ’n lewensbelangrike deposito in die persoon van die Heilige Gees in ons lewe gemaak het. God gee Sy Gees as die eerste paaiement aan ons om ons te verseker dat die res van Sy reuse erfporsie vir ons by die wederkoms wag. Prys Hom!


Gebed:


Gees van God, dankie dat U die hemelse deposito op my eie lewe is. Amen.

5 views

Recent Posts

See All
bottom of page