top of page

Doen jouself 'n guns en spandeer bietjie tyd in die natuur


 

Deur Willem Lötter








Dis Vrydagoggend, die naweek lê voor en ek hoop jy het hierdie naweek iets lekkers om na uit te sien. Maak seker dat jy êrens in die natuur uitkom want dis ‘n feit dat blootstelling aan die natuur ons angs- en stresvlakke beduidend verminder. “Being in nature, or even viewing scenes of nature, reduces anger, fear, and stress and increases pleasant feelings. Exposure to nature not only makes you feel better emotionally, it contributes to your physical wellbeing, reducing blood pressure, heart rate, muscle tension, and the production of stress hormones.” (https://www.takingcharge.csh.umn.edu/how-does-nature-impact-our-wellbeing)


Jesus self nooi ons in Matt 6 uit om dit op die proef te stel:


“Kyk ’n slag na die voëls: hulle het nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bêre nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet julle, julle is baie meer werd vir God as al die voëls in die hemel. Daarom help al julle bekommernis net mooi niks. Dit gaan nie julle lewe met een enkele dag verleng nie. Allesbehalwe!” (Matteus 6:26-33 DB)


Ek kyk nou die dag vroegoggend by die venster uit - en ek sien ons swaeltjies is terug. Hulle het vir die wintertyd na die warmer dele van ons kontinent migreer, en nou 6 maande later met die aanbreek van die lente is hulle terug in dieselfde moddernessie by presies dieselfde adres. En ek verwonder my aan hierdie ongelooflike klein voëltjies. Miljoene jare gelede - lank voordat ons mikroskyfies gemaak het, satelliete lanseer het en die oppervlak van die aarde karteer het, het God al ‘n baie klein gesofistikeerde navigasiestelsel in ‘n swaeltjie se brein ingeplant. Hierdie God nooi ons in Oktober 2021 om ons opnuut aan voëls te verwonder sodat ons kan ophou om ons oor alles te bekommer.


Ons is amper aan die einde van ‘n veeleisende jaar. Vir baie van ons lê daar nog harde werk voor voordat ons tot rus kan kom. Die eksamen lê voor die deur vir studente en leerders aan ons skole. En almal van ons is om een of ander rede “opgestres” of “op gestres”. Kom ons aanvaar Jesus se uitnodiging. Kom ons kyk na die voëls en onthou dat God vir ons sorg.


Gebed

Here U weet dat ons baie gespanne en bekommerd is oor baie dinge. Dankie dat U ons getrou versorg. Amen.


Mag jy ‘n heerlike naweek hê.


12 views

Recent Posts

See All
bottom of page