Doen NOGTANS wat jy kan, wanneer jy kan, waar jy kan!
- Kenridge Gemeente

- Mar 4, 2022
- 2 min read

Iewers in die woude van Suid-Amerika oorleef daar vir baie geslagte al ‘n kort gelykenissie met ‘n eenvoudige maar baie kosbare les. Dit staan bekend as die gelykenis van die suikerbekkie. Dit gaan so:
Once there was a great forest fire. All the animals fled to the edge of the forest and froze in fear not knowing what to do. They watched as the flames began destroying the beauty of their home.
Finally a tiny hummingbird flew to a body of water and took a few drops into its beak. It then flew quickly toward the fire allowing the drops to fall on the roaring flames.
Over and over the tiny bird continued.
Drop by drop.
Back and forth.
Again and again.
The other animals watched from the edge of the forest, and called to the little bird, "What are you doing?"
The hummingbird replied, "I am doing what I can."
Die suikerbekkie se oortuiging was: Al maak dit vir niemand anders sin nie, al vlieg ek waterdruppeltjies aan totdat my vlerkies afbreek en al help niemand anders my nie, sal ek NOGTANS aanhou probeer om hierdie vuur te blus en almal in die woud te red.
Dit het vir Habakuk drie hoofstukke se intense gesprekke met God geneem om van ‘n mooiweersgeloof te migreer na ‘n NOGTANS-geloof. Uiteindelik het hy min-of-meer soos die suikerbekkie gesê:
Al loop alles verkeerd met die vyebome,
en met die druiwe,
en met die olyfoes,
en met die kleinvee,
en met die beeste,
sal ek NOGTANS in die Here jubel,
sal ek juig in God, my Redder.
Want die Here alleen gee vir my krag.
Habakuk se migrasie van ‘n mooiweersprofeet (tipies soos die toeskouer diere op die rand van die woud) na ‘n volbloed NOGTANS-profeet wys in hoofstuk 3 vers 17 die heel duidelikste. Daar bely hy: My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie.
NOGTANS-gelowiges is baie bereid om stroomop en ongewild te wees vir die saak en die liefde van hulle Verlosser. Lydenstyd 2022 het aangebreek! Kom ons vlieg soos die suikerbekkie en ons glo soos Habakuk as ons hierdie jaar Jesus se lydensweg liefdevol onthou!
Lekker naweek verder.
Dave




Comments