Dít is koninkryk... dít is kerk
- bestuurder5
- Jul 21, 2023
- 1 min read

Mense wat sê: “Laat weet as jy veilig by die huis kom.”
Mense wat jou laat lag totdat jy huil.
Mense wat jou drome en jou ideale ondersteun.
Skoolvriende wat kontak hou.
Die vriendin wat bel as dinge skeefloop.
Mense wat saggies vir jou sê van die lipstiffie wat op jou tande sit.
Mense met opregte en egte bedoelings.
Mense wat die waarheid praat, maar geheime hou.
Mense wat sag is al het hierdie wêreld hulle elke geleentheid gegee om hard te word.
Die “kom ons ry vir roomys” vriende.
Mense wie se dade ooreenstem met hulle woorde.
Die betroubares. Die eerlikes. Die lojales.
Mense wat jou oorwinnings saam met jou vier.
Mense wat na ‘n toe deur vir jou ‘n venster oopmaak.
Harde werkers.
Goeie luisteraars.
Dié met breë skouers en nog groter harte.
Mense wat vir hulle eie grappe kan lag nog voordat hulle dit vertel het.
Mense wat jou liefhet.
Mense wat jou kies.
Mense wat bly.
Mense wat lief is vir mense.
Dit is Koninkryk.
Dit is Kerk.




Comments