top of page

Ek glo...


ree

Ek glo in die Heilige Gees

die Wind van God

wat oor die leegheid van my lewe waai

en die koers bepaal

weg van myself, weg van Tarsis

na die nood in Ninevé.


Ek glo aan die kerk wat uit Christus groei tot nuwe skeppingswerk; om alle mense met geloof en hoop en liefde te verbind aan die Koninkryk van God se Kind.

Ek glo aan die gemeenskap van stukkende sondaars wat kniel voor die Heiligheid van God.


Ek glo aan die vergifnis

dat Genade altyd groter is

as my sonde en my geskiedenis.

Ek glo in die heropstanding van die liggaam, want ek glo in Christus.

Ek glo in die ewige lewe

wat hier begin

en ná die dood

die blydenuus bly sing.

 

 

- met erkenning aan Wilhelm Jordaan

 
 
 

Comments


bottom of page