top of page
bestuurder5

Gebed is meer as net oomblikke


Paulus skryf in 1 Tessalonisense 5:17 dat gelowiges moet 'bid sonder ophou' en drie reëls verder: ‘want dit (blydskap, gebed en dankbaarheid) is God se wil vir julle in Christus Jesus.’ Jesus het in Johannes 5 verduidelik dat Hy niks doen waarmee die Vader nie reeds besig is nie. Jesus se hele lewe was ‘n lewe van gebed, gehoorsaamheid en afhanklikheid van sy Vader.

 

Satish Joseph het geskryf: "Prayer is an all-encompassing reality. There is no monolithic definition of prayer or one way to pray. Any attempt to have a relationship with God – formal prayer, devotional practices, scripture reading, meditation, contemplation, the liturgy – is prayer."

 

Henri Nouwen het geskryf: "Praying is living. It is eating and drinking, acting and resting, teaching and learning, playing and working. Praying pervades every aspect of our lives. It is the unceasing recognition that God is wherever we are, always inviting us to come closer and to celebrate the divine gift of being alive."

 

In die Bybel is daar skietgebede, smeekgebede, klaggebede, lofgebede, kort gebede, lang gebede, groepe wat bid, enkelinge wat bid, strydgebede en nog meer. ‘n Belangrike aspek van gebede is dat dit die Hoorder en Verhoorder van ons gebede moet beklemtoon en dat dit, eerder as skaars oomblikke, ‘n leefwyse word wat elke aspek van ons lewens omspan.

 

Gebed behoort die koord te wees waarmee ons by die krag en die heerlikheid van die Here ingeprop bly.

 

Gebed: 

Ek bid dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan ons wysheid sal gee en Hom so aan ons sal openbaar dat ons Hom werklik sal ken.

Amen. 

(aan die hand van Paulus se gebed in Efesiërs 1)

2 views0 comments

Recent Posts

See All

コメント


bottom of page