top of page

Kenridge Gemeente: beroeping van nuwe predikant

Sluitingsdatum: 18 Oktober 2024


Die gemeente:

Kenridge Gemeente is ‘n eietydse, makro-gemeente geleë in die noordelike voorstede van Kaapstad met ‘n lidmaattal van 5 550 en ‘n gemiddelde lidmaat ouderdom van 36 jaar.

Die gemeente se visie is “Ons bou brûe soos Jesus”. Kenridge Gemeente het ‘n passie vir Jesus en mense. Daarmee saam wil die gemeente ‘n baken van hoop wees in die gemeenskap en oor gemeenskapsgrense heen.


Doel van die pos:

Die predikant is tesame met die leraarspan verantwoordelik vir die geestelike leiding en sorg van die gemeente as geheel, met die spesifieke fokus op Tieners (gr 8-12), Studente en Jong Volwassenes. Hierdie bediening is ’n gefokusde bediening.


Fokusareas van die pos:

Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die posvereistes met ‘n bykomende fokus op die Bediening van Tieners, Studente en Jong Volwassenes, wat insluit:

  • Die daarstel van ‘n werkbare strategie vir die bediening aan Tieners, Studente en Jong Volwassnes;

  • Planmatige en sistemiese bestuur van ‘n eietydse en relevante bediening;

  • Volgehoue geloofsvorming (met ingebegrip van geestelike begeleiding, ondersteuning en berading) met die oog op holistiese integrasie as roepingsgedrewe en betrokke lidmate;

  • Bou van gesonde verhoudings en skep van “community” waar Tieners, Studente en Jong Volwassenes kan tuiskom;

  • Werwing, toerusting en begeleiding van vrywilligers.


Persoonsvereistes:

  • ’n Aanpasbare spanspeler wat met ‘n sterk roepingsbewustheid, energie en passie leiding neem;

  • ’n Dinamiese, inspirerende en skrifgetroue prediker en kommunikeerder;

  • Effektiewe funksionering in ’n groeiende gemeente wat sisteme kan implimenteer;

  • Vermoë om lidmate te werf, bemagtig en mobiliseer in ondersteuningsnetwerke;

  • Toeganklike persoon met ‘n goeie verstaan van jongmense wat as mentor en navolgingswaardige rolmodel kan optree;

  • ’n Geïntegreerde persoon met goed-ontwikkelde emosionele en geestelike volwassenheid;

  • Goeie kennis van sosiale media en kreatiewe kommunikasie om Tieners, Studente, en Jong Volwassenes te bereik en betrek.

 

Kwalifikasies en ervaring:

  • ’n Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.

  • Ten minste 5 jaar ervaring van gemeentebediening en bewese ervaring in die bediening van tieners, studente en/of jong volwassenes.

  

Vergoedingspakket:

  • Volgens sinodale riglyne en bedieningservaring.

  • Huisvesting in die vorm van ’n behuisingstoelaag.

 

Aansoeke:

Stuur aansoeke na die Gemeente Bestuurder (Liezl Byliefeldt) per e-pos: bestuurder@ngkenridge.co.za


Dokumente verlang:

  1. Opgedateerde CV (maksimum 3 bladyse).

  2. Kontakbesonderhede van drie onlangse referente.

  3. ’n Kort motiveringsbrief (maksimum 300 woorde) wat die aansoek ondersteun.

  4. Skakels na twee onlangse opnames/uitsendings van preke.

 

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2025 (onderhandelbaar).


Proses:

Gekortlyste kandidate sal aan ’n gestruktureerde keuringsproses deelneem. Sodanige kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum, tyd en plek soos deur die keuringspaneel bepaal. Die finale keuringsproses sal ook psigometriese toetsing insluit. Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik van hierdie advertensie ’n aanstelling te maak of om nie die pos te vul nie.


Rig verdere navrae aan:

Liezl Byliefeldt (Gemeente Bestuurder) | bestuurder@ngkenridge.co.za | 082 492 5430

Johan Steenkamp (Leraar) | johansteenkamp24@gmail.com | 084 976 3931

43 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page