#kenridgetieners (Gr 6-7) ouerbrief 20/09/2022
- Kenridge Gemeente
- Sep 20, 2022
- 3 min read

Liewe Ouers,
Graad 6
Waarheen is ons op pad?
Ons droom vir die jeugbediening is dat die huis en gemeente in vennootskap staan vir jongmense se geloofsvorming. Ons verstaan dit uit die verbondsbeloftes wat ouers en die gemeente by die doop maak, saam met God. Ons verstaan dit ook as ʼn praktiese realiteit, aangesien ouers en jongmense se verhouding die verhouding is waar die meeste vorming plaasvind.
Wat het ons Sondag geleer?
Ons het Sondag gesels oor die tema Etikette is vir bottels uit die storie van Saggeus. Die belangrikste punte van die tema is:
Baie jongmense (en volwassenes) dra swaar aan etikette wat hulle met verloop van hulle lewe van ander mense kry.
Dikwels wórd mense later die etikette wat ander mense op hulle plak.
Ons plak so dikwels etikette op ander mense, selfs al is ons nie eens daarvan bewus nie.
Saamdoen:
Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.
Vrae vir gesels:
Watter etikette (labels) voel jy plaas mense op jou en hoe laat dit jou voel?
Luister saam na Lauren Daigle se You Say (https://youtu.be/sIaT8Jl2zpI) en gesels oor wat dit vir ons vertel oor wat God van ons dink?
Komende Sondag:
Die komende naweek hanteer ons die tema Spieëltjie, spieëltjie se vir my uit die storie van Gideon.
Graad 7
Dinge verander!
Die graad 7’s is besig om klaar te maak met laerskool. Julle sou beleef dat sommige van hulle al “oorit” is. Ons gaan in die vierde kwartaal hulle help om oor te stap in die gemeente se bediening. Sondag 16 Oktober, gaan ons tydens die oggenddiens ʼn “uitstap” geleentheid hê en dan later die middag ʼn “instap” geleentheid. Meer inligting volg.
Waarheen is ons op pad?
Ons droom vir die jeugbediening is dat die huis en gemeente in vennootskap staan vir jongmense se geloofsvorming. Ons verstaan dit uit die verbondsbeloftes wat ouers en die gemeente by die doop maak, saam met God. Ons verstaan dit ook as ʼn praktiese realiteit, aangesien ouers en jongmense se verhouding die verhouding is waar die meeste vorming plaasvind.
Wat het ons Sondag geleer?
Ons het Sondag gesels oor die tema Etikette is vir bottels uit die storie van Saggeus. Die belangrikste punte van die tema is:
Baie jongmense (en volwassenes) dra swaar aan etikette wat hulle met verloop van hulle lewe van ander mense kry.
Dikwels wórd mense later die etikette wat ander mense op hulle plak.
Ons plak so dikwels etikette op ander mense, selfs al is ons nie eens daarvan bewus nie.
Saamdoen:
Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.
Vrae vir gesels:
Watter etikette (labels) voel jy plaas mense op jou en hoe laat dit jou voel?
Luister saam na Lauren Daigle se You Say (https://youtu.be/sIaT8Jl2zpI) en gesels oor wat dit vir ons vertel oor wat God van ons dink?
Komende Sondag:
Die komende naweek hanteer ons die tema Spieëltjie, spieëltjie se vir my uit die storie van Gideon.
Volgende kwartaal:
Ons herinner julle graag aan ons volgende uitreik geleentheid aan die begin van die vierde kwartaal:
Vennoot Datum Wat gaan ons doen?
Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.
Om hierdie uitreik by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4. Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.
Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.
Shalom
Christi Thirion
Leraar
Comments