top of page
Nuutste nuus
Search


Stilte is goud werd
Mahatma Gandhi het gesê: ‘Only speak if you can improve the silence.’ Toe Jesus voor die Joodse Raad verskyn het (Matteus 26), het die volgende gebeur: ‘Toe staan die hoëpriester op en sê vir Hom: “Verweer jy jou glad nie? Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?” Maar Jesus het niks gesê nie.’ Stilte is nie die afwesigheid van klank nie; dit is ‘n spasie waarin ‘n mens se siel leer asemhaal. In ’n wêreld waar harte maklik verstik onder die gewig van woor
bestuurder5
Nov 203 min read


Op die Weg na Emmaus en na Jesus – Lukas 24:13-35
In hierdie ryk gedeelte van die Skrif loop twee ontmoedigde dissipels van Jerusalem na ’n dorp genaamd Emmaus. Hulle gesels oor wat gebeur het, naamlik die dood van Jesus en hul gebroke hoop. Met eens verskyn Jesus: die opgestane Christus. Hulle herken Hom eers ná sy openbaring van die Skrif en die heilige breek van die brood. Hierdie gedeelte leer ons drie sleutelwaarhede: Eerstens, selfs in ons kwaad, verlies en onbegrip, is Jesus daar—swaarheid in die pad verberg nie Jesus
bestuurder5
Nov 142 min read


Is jy 'n profeet?
Henri Nouwen vertel in een van sy refleksies dat iemand hom die volgende vraag gevra het:“Waarom hou jy aan om profeties te praat as niemand luister nie?” Hy antwoord toe so op die vraag: “Ek profeteer nie net om die wêreld te verander nie, maar om te keer dat die wêreld my verander.” Wat ‘n kragtige antwoord? ‘n Profeet is nie net iemand wat die roeping het om ‘n boodskap uit te dra nie, maar sélf ook deur die boodskap verander word. Hoe verander jou geloof, jou oortuiging
bestuurder5
Nov 63 min read


Bou Projek
Neem asb kennis !! Die grootsaal se ingang by die roldeur is nie meer toeganklik nie. Gebruik asb ander ingange (in groen gemerk). 1. Agter by grootsaal (by skadunette), hierdie ingang is ideaal vir kinders, dit het direkte toegang tot die grootsaal. 2. Ingang by die speelparkie, hierdie ingang is ook rolstoel vriendelik. 3. Glasdeur agter in die kerk, hierdie ingang het direkte toegang tot die kerk.
lidmaatadmin
Oct 291 min read


Ons mooi land
Suid-Afrika. Wat ’n land van kontraste! Dis ’n plek vol skoonheid, maar ook vol hartseer. Dis ’n plek van asemrowende natuurskoon, maar ook van verwoestende misdaad. Dis ’n plek van innovasie en mense wat ’n plan maak ten spyte van teëspoed, maar ook van korrupsie en nepotisme en verwoesting. Maar dis mý land. Daarom nooit ek jou om vandag saam met my vir ons pragtige land te bid. Ons bid ’n gebed deur Barend Vos: Here, hoe begeer ek tog leiers wat vir hierdie landnet g
bestuurder5
Oct 232 min read


Judas het ook geëet
Enkele ure voor Jesus se dood, het Judas ook geëet. Jesus het vir Judas ook paasfeeskos gegee. Jesus het vir Judas ook geleer en vir hom gebid. Jesus het Judas se voete ook gewas. Dit bly moeilik om sulke onbegryplike mates van liefde behoorlik te verstaan. 'n Liefde wat die mond voed wat jou verraai het. 'n Liefde wat die voete van jou verraaier was. 'n Liefde wat die mees afskuwelike verraad teen jou vergewe. Eerlikwaar, dit is nie grappies om dit na te volg nie. Selfs
bestuurder5
Oct 172 min read


'n Vreemde Koning
Jesus Christus, die Koning van alle konings, is verhewe bo alles wat ons oë kan sien en ons verstande kan verstaan. Hy is nie ’n Koning...
bestuurder5
Oct 32 min read


2 Kor.12:9 – “My genade is vir jou genoeg. Die krag van Christus is my beskutting.”
Dit is nie so eenvoudig om jouself te vergewe as jy in jou lewe groot foute gemaak het wat ander skade aangedoen, of seergemaak het. En...
bestuurder5
Sep 192 min read


Gemeenskap
“Alleen is ons maar net ’n druppel, maar saam is ons die oseaan.” In die 1950’s het die sosioloog, David Riesman, die frase “the lonely...
bestuurder5
Sep 122 min read


Skenk aan ons Uself
Here, u Woord leer ons dat: U Uself nie as te Goddelik beskou het om mens te word nie, U Uself nie as te hoog beskou het om verneder te...
bestuurder5
Jan 26, 20241 min read


Dit raak beter
Ek luister deesdae so bietjie na Francois van Coke se musiek, met die klem op deesdae. Ek en hy is in vele opsigte "karperde". Hy is een...
bestuurder5
May 25, 20232 min read


U het al die seisoene van die aarde vasgestel
Dit is middel-Maart. Die wolke het my wakker geraas. Nog voordat my wekker kon kans kry, het die donderweer my wakker beveel. Na die...
bestuurder5
Mar 16, 20232 min read


Die glans van gebreekte glas
Die prentjie vir hierdie week se ritme in ons reeks is ‘n mediese tas. Duidelik moet iets iewers gesond gedokter word wat siek, stukkend...
bestuurder5
Mar 9, 20232 min read


Groei begin buite jou gemaksone
‘n Gemaksone is die plek in ons lewens waar ons veilig en gemaklik met ons huidige situasie voel. Dis ‘n plek waar ons relatief min stres...
bestuurder5
Mar 2, 20233 min read


Die dinge waarvoor ek nie lus het nie
Wat is die dinge wat jy vandag moet doen, waarvoor jy eenvoudig net nie lus het nie? Jy weet waarvan ek praat: daardie take wat voor jou...
bestuurder5
Feb 23, 20233 min read


Die Here doen altyd wat Hy belowe het
Ek sit weer in dieselfde hoekie onder die hangplante wat ek vergeet het om water te gee. Ek sug my koffie koud. Op die tafel staan ‘n...
bestuurder5
Feb 16, 20232 min read


My plek
Rugby het my nog altyd gefassineer. Ek dink dit is in ‘n ou Leon Schuster fliek waar ‘n karakter opmerk dat daar in Suid-Afrikaanse mans...
bestuurder5
Feb 9, 20233 min read


Lewensritmes en oorgawe
Die Romeinse Ryk was in die 3de eeu 'n gestamp, 'n geskarrel en propvol veldslae en gevegte. Die keisers het vinnig verwissel. Die nuwe...
bestuurder5
Feb 2, 20232 min read


"Connectedness is the story of my life"
Iemand sê die ander dag: “Connectedness is the story of my life.” En hierdie week gesels ons in die gemeente oor wat dit beteken om...
bestuurder5
Jan 26, 20232 min read


Hoe groot is U
Die strate van Stellenbosch is stil. Ek sit op my bankie in Kerkstraat onder ‘n koelteboom en wag vir die kerkklok om te lui. Dit is...
bestuurder5
Nov 17, 20222 min read
bottom of page
