#kenridgetieners (Gr 8 -11) ouerbrief 13/09/2022
- Kenridge Gemeente

- Sep 13, 2022
- 4 min read

Liewe Ouers,
Graad 8-10
Save the date - Graad 10's
Julle graad 10 tiener is volgende jaar deel van ons belydenisgroep. Ons skop reeds hierdie jaar die belydenisproses af met die belydeniskamp op 2-4 Desember 2022 by Kogelberg Farm (na afloop van die eksamen.) Merk asseblief solank hierdie datum in julle dagboeke, want dit is ʼn baie belangrike gedeelte van die belydenis-proses. Ons sal voor die einde van hierdie kwartaal reeds die inligting en inskrywingsvorm deurgee.
Waarheen is ons op pad?
Ons droom vir die jeugbediening is om in die gemeente plek te maak waar kinders en jongmense tuis voel en dit geniet. Een van die eerste dinge wat ons nou doen om hieraan uitvoering te gee is om in konsultasie met die tieners te droom oor die naam/ logo wat die tienerbediening “merk” en herkenbaar maak binne die gemeente.
Wat het ons Sondag geleer?
Ons het Sondag die laaste tema in die Verbond en Ubuntu reeks hanteer en gesels oor die tema “God se verbond met alle mense”.
Ons ontdek dat God se verbond al die nasies – mense van oral oor die wêreld, insluit en dat God ons gebruik om daarheen te gaan.
Ons dink oor maniere hoe ons as kinders reeds uitvoering daaraan kan gee.
As ons nog nie na ander nasies toe kan gaan nie, kan ons solank vir hulle bid.
Saamdoen:
Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie toegang tot WhatsApp het nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.

Die doen-idee:
Kies ʼn land in die wêreld wat met dieselfde voorletter as jou naam en van begin. Bv, ek sou die volgende kies: Christi – China; Thirion – Tanzanië.
Gaan na Operation World se website en kyk waarvoor jy vir hierdie lande kan bid: https://operationworld.org/prayer-resources/countries-alphabetically/
*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.
Komende Sondag:
Die komende naweek hanteer ons die tema Vingerafdrukke van God.
Volgende kwartaal:
Ons beplan om volgende kwartaal ʼn reeks met die titel “Wilde Geloof” te doen. Dit gaan saam met ʼn paar buitelug aktiwiteite. Vir die vierde kwartaal gaan ons dus ons tye bietjie verander en voor die aanddiens bymekaarkom om dit te akkommodeer. Van die aktiwiteite sal ook hulp van die ouers af nodig hê. Ons deel volgende week meer besonderhede.
Ons herinner julle graag aan ons volgende uitreik geleentheid aan die begin van die vierde kwartaal:
Vennoot Datum Wat gaan ons doen?
Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.
Om hierdie uitreik by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4. Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.
Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.
Graad 11
Save the date:
Ons gaan op 25 September 2022 by ons Anglikaanse bure, Church of the Transfiguration kuier. Dit sal deel van ons gesprek oor Tradisie wees. Die praktiese daarvan is:
Ons vertrek 08:00 vanaf Kenridge Gemeente.
Hulle diens begin 08:30.
Ons sal ongeveer 11:30 weer terug wees by Kenridge Gemeente.
Dit gaan ons "les" vir die dag vervang. Hierdie is vir my 'n baie belangrike geleentheid wat die kinders asseblief moet bywoon. Ek reël die gemeente se bussie, maar ons gaan nog paar voertuie nodig hê om saam te ry. (Ouers is ook welkom om saam te kom.)
Waarheen is ons op pad?
Ons droom vir die jeugbediening is om in die gemeente plek te maak waar kinders en jongmense tuis voel en dit geniet. Een van die eerste dinge wat ons nou doen om hieraan uitvoering te gee is om in konsultasie met die tieners te droom oor die naam/ logo wat die tienerbediening “merk” en herkenbaar maak binne die gemeente.
Wat het ons Sondag geleer?
Ons het Sondag die laaste tema in die Verbond en Ubuntu reeks hanteer en gesels oor die tema “God se verbond met alle mense”.
Ons ontdek dat God se verbond al die nasies – mense van oral oor die wêreld, insluit en dat God ons gebruik om daarheen te gaan.
Ons dink oor maniere hoe ons as kinders reeds uitvoering daaraan kan gee.
As ons nog nie na ander nasies toe kan gaan nie, kan ons solank vir hulle bid.
Saamdoen:
Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie toegang tot WhatsApp het nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.

Die doen-idee:
Kies ʼn land in die wêreld wat met dieselfde voorletter as jou naam en van begin. Bv, ek sou die volgende kies: Christi – China; Thirion – Tanzanië.
Gaan na Operation World se website en kyk waarvoor jy vir hierdie lande kan bid: https://operationworld.org/prayer-resources/countries-alphabetically/
*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.
Komende Sondag:
Die komende naweek gesels ons oor Tradisie.
Volgende kwartaal:
Ons wil baie graag volgende kwartaal meer in diepte werk met die belydenisklas doen. Vir die vierde kwartaal gaan ons dus ons tye bietjie verander en voor die aanddiens bymekaarkom om dit te akkommodeer. Ons deel volgende week meer besonderhede.

Comments