top of page

#kenridgetieners Ouerbrief 17/10


Deur Christi Thirion




ree




Liewe ouers,


Dit is heerlik om weer eredienste en daarmee saam meer mense by die kerkgebou te hê. Wanneer die Hebreër (Heb. 10:25) skrywer skryf dat ons nie die byeenkomste van die gemeente moet misloop nie, is dit waarskynlik omdat hy weet dat die Heilige Gees net meer tasbaar is wanneer gelowiges bymekaar is en dat dit juis ons vorm om in moeilike en uitdagende tye standvastig in geloof te bly en so die uitdagings van die lewe te kan hanteer.


Ons het Sondag begin gesels oor die storie van Rut, met die tema “Die gras is groener aan die anderkant van die draad... Of is dit?” Belangrike temas:

  • Kennis: Die storie van Rut gaan oor verandering. Soms soek ons verandering, omdat ons dink dat dinge beter sal wees as wat dit nou is. Ons wil vandag verstaan dat verandering gewoonlik ook nuwe uitdagings bring, wat ons nie kan voorsien nie.

  • Refleksie: Reflekteer oor die maniere hoe ons met “die gras is groener aan die anderkant van die draad” gedagtes lewe en wat dit sê oor ons geloof in God.

  • Prakties: Om elke dag na God te soek, of dinge verander of nie.


Taak vir die week: Eksamen

Baie kere soek ons vir die groener gras aan die anderkant van die draad omdat ons nie tevrede is met waar ons nou is nie. Dit is nie altyd goed nie, maar dis ook nie altyd sleg nie. Wanneer ons verplig word om te verander is dit ook soms moeilik en ander kere opwindend. Die ding wat maak dat ons altyd groei deur verandering is om dit saam met God te doen. Een van die maniere hoe om dit te doen is om op die uitkyk te wees vir waar God is in daardie tye. Een so manier is die Examen gebed:


Die Examen-gebed is ’n manier hoe ons deur gebed na die gebeure van ons lewens kyk om God se teenwoordigheid raak te sien en om uit te vind waarheen Hy deur sy Gees met ons op pad is.


Gebruik hierdie komende week elke dag die Examen gebed om te kyk waar God in jou lewe besig is. Luister na die MP3 gids op ons gemeente se SoundCloud stroom: kliek hier en as jy wil, hou ʼn joernaal oor dit wat die Here vir jou wys.



Shalom


Comments


bottom of page