#kenridgetieners Ouerbrief 24/10
- Kenridge Gemeente

- Oct 25, 2021
- 1 min read
Deur Christi Thirion

Liewe ouers,
Jeugbediening 2022:
Ons begin reeds bid en droom oor die moontlikhede vir ons jeugbediening in 2022 met die hoop dat die inperkings op die huidige vlakke sal bly of selfs heeltemal sal lig. Ons nooi volwassenes en jongmense om aan te meld as vrywilligers vir die jeugbediening. Dit sluit in:
Groepleiers vir kleingroepe by die kinders en tieners
Helpers wat kan help om die hulpmiddels voor te berei en gereed te maak
Mense wat ons kan help met spesiale geleenthede
Indien jy geroepe voel om by die jeugbediening betrokke te raak kan jy Christi Thirion (christi@ngkenridge.co.za) of Susan Johnston (susanj@ngkenridge.co.za) kontak. Alternatiewelik kan jy die “raak betrokke” vorm op die webtuiste voltooi.
24 Okt -God se genade lyk soms na hard werk:
Ons het Sondag, verder gesels oor die storie van Rut, met die tema “God se genade lyk soms na harde werk.”Belangrike temas:
Kennis: Ons kan maklik dink dat genade nie veel van ons vra nie. Hoewel genade ʼn geskenk van God is wat ons nie kan verdien nie, vra dit harde werk.
Refleksie: Reflekteer oor die maniere waarop God se genade verniet is, maar werk kos.
Prakties: Om die werk te doen om God se genade te ontvang en gebruik, maar ook om dit uit te deel aan ander.
Shalom




Comments