top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 30/08/2022

ree

Liewe Ouers,

Graad 6 & 7

Waarheen is ons op pad?

Oor die laaste paar weke deel ek met julle deeltjies van die groot prentjie waarmee ons op reis is in die gemeente en die jeugbediening. ʼn Volgende deel van die prentjie is lidmate wat “Aktief deelneem aan die versorging en ontwikkeling van die wêreld.”

Tydens die uitreikkwartaal is hierdie punt juis die fokus van ons inhoud, maar ons wil graag ons kinders help om dit in te oefen. Aan die einde van hierdie brief is ʼn uitnodiging na nog drie geleenthede om dit in te oefen en ons wil julle graag saam met julle kinders uitnooi.

Wat het ons Sondag geleer?

Ons is besig met die Verbond en Ubuntu reeks en ons het Sondag gesels oor die tema “God en die Vreemdes”.

  • Ons ontdek dat God Israel se ervaring as vreemdelinge gebruik om vreemdelinge met empatie te behandel.

  • Ons dink daaroor dat ons soms soos vreemdelinge voel

  • Ons tree met gasvryheid op teenoor vreemdelinge.

Saamdoen:

Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie toegang tot WhatsApp het nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.

ree

Die doen-idee:

  • Vra vir iemand van ʼn ander land waar hulle vandaan kom en hoe hulle dit ervaar om in Suid-Afrika te bly? ʼn Wenk: die parkeerwagte by die groot winkelsentrums en afleweringswerkers (Mr. Delivery, Uber Eats, Checkers Sixty60, ens.) is gewoonlik uit ander Afrika-lande.

  • Vra vir hulle waarvoor kan jy vir hulle bid.

*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.

Komende Sondag:

Die komende naweek hanteer ons die tema “Onthou om te onthou” uit Deuteronomium 8 waar Moses die volk herinner aan wat God vir hulle tot op daardie punt gedoen het.

Verder die kwartaal:

Ons herinner julle graag aan ons drie uitreik geleenthede vir die kwartaal:

Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Sobambisana 3 Sept. Verf en instandhouding by die speelarea.

Oude Westhof Aftreeoord 4 Sept. Kuier tussen generasies. Leer mekaar en

geloofstories ken.

Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.

Om een van hierdie uitreike by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4 . Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.

Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.

Graad 8-11

Twee byeenkomste:

10:00 - 11:00 – Gr 11 Belydenisklas (koshuis kinders) - Langsaal

18:30 – 20:00 Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal saam gesels.

Verder die kwartaal:

Ons herinner julle graag aan ons drie uitreik geleenthede vir die kwartaal:

Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Sobambisana 3 Sept. Verf en instandhouding by die speelarea.

Oude Westhof Aftreeoord 4 Sept. Kuier tussen generasies. Leer mekaar en

geloofstories ken.

Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.

Om een van hierdie uitreike by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4 . Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.

Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.

Shalom

Christi Thirion

Comments

bottom of page