top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 02/08/2022


Liewe Ouers,


GRAAD 6 & 7:


Die derde kwartaal:

Ons het Sondag die eerste tema in die Verbond en Ubuntu reeks bespreek. Ons het na Adam en Eva se storie gekyk om te gesels oor God se verbond met die skepping.


Wat het ons geleer?

  • Ons ontdek dat God alles in ʼn verbondsverhouding skep, omdat God in ʼn verbondsverhouding met God-self bestaan.

  • Ons dink daaroor dat ons op verkillende maniere aan verskillende mense en dinge in die wêreld verbind is.

  • Ons doen ons klein deeltjie om ʼn positiewe impak in die wêreld te hê.


Saamdoen:

Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie toegang tot WhatsApp het nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.




Die doen-idee vir die week stem ooreen met die boekie wat die Connect groepe hanteer:

Sien die groter prentjie raak!

Kyk na jou sak vol inkopies. Gaan dink oor elke item.

Wat is alles uit die skepping uitgehaal en watter afvalstowwe het alles in die skepping ingegaan om hierdie produk vir jou te maak?

Hoe kan jy jou inkopies aanpas om nader aan die skepping te leef?


*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.


Komende Sondag:

Die komende naweek is langnaweek en daarom is daar geen byeenkoms nie. Op Sondag, 14 Augustus gesels ons oor die storie van Abram en God se verbond met mense.


Verder die kwartaal:

Ons herinner julle graag aan ons vier uitreik geleenthede vir die kwartaal:


Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Maitland Gemeenskapskerk 21 Aug. Woon saam hul erediens by en help by die

voedingskema vir haweloses.

Sobambisana 3 Sept. Verf en instandhouding by die speelarea.

Oude Westhof Aftreeoord 4 Sept. Kuier tussen generasies. Leer mekaar en

geloofstories ken.

Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.


Om een van hierdie uitreike by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4 . Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.


Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.


GRAAD 8-11:


Die derde kwartaal:

Ons het Sondag die eerste tema in die Verbond en Ubuntu reeks bespreek. Ons het oor die tema Verbond met die skepping uit Adam en Eva se storie.


Wat het ons geleer?

  • Ons ontdek dat God alles in ʼn verbondsverhouding skep, omdat God in ʼn verbondsverhouding met God-self bestaan.

  • Ons dink daaroor dat ons op verkillende maniere aan verskillende mense en dinge in die wêreld verbind is.

  • Ons doen ons klein deeltjie om ʼn positiewe impak in die wêreld te hê.


Saamdoen:

Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie toegang tot WhatsApp het nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.




Die doen-idee vir die week stem ooreen met die boekie wat die Connect groepe hanteer:

Sien die groter prentjie raak!

Kyk na jou sak vol inkopies. Gaan dink oor elke item.

Wat is alles uit die skepping uitgehaal en watter afvalstowwe het alles in die skepping ingegaan om hierdie produk vir jou te maak?

Hoe kan jy jou inkopies aanpas om nader aan die skepping te leef?


*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.


Komende Sondag:

Die komende naweek is langnaweek en daarom is daar geen byeenkoms nie. Op Sondag, 14 Augustus gesels ons oor God se verbond met mense uit die storie van Abram.


Verder die kwartaal:

Ons herinner julle graag aan ons vier uitreik geleenthede vir die kwartaal:


Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Maitland Gemeenskapskerk 21 Aug. Woon saam hul erediens by en help by die

voedingskema vir haweloses.

Sobambisana 3 Sept. Verf en instandhouding by die speelarea.

Oude Westhof Aftreeoord 4 Sept. Kuier tussen generasies. Leer mekaar en

geloofstories ken.

Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.


Om een van hierdie uitreike by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4 . Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.


Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.


Shalom

Christi Thirion

4 views

Recent Posts

See All
bottom of page