top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 07/02/2022


Liewe Ouers,


GRAAD 6 & 7:


Groepleiers:

Ons het op die oomblik een pappa wat albei ons seuns groepe lei. Ons het nog ʼn groot behoefte na groepleiers by die graad 6 & 7 seuns-groepe. Kontak my asb. direk by die kontakbesonderhede hier onder indien jy sal brûe bou soos Jesus met hierdie groepe.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag geleer bid soos Hiskia deur te kyk na 2 Konings 20:1-6 en die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat ons met enigiets na God toe kan gaan, want Hy luister altyd.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor hoe ek sy reaksie op my gebede interpreteer.

  • Impak (Aksie en optrede): Om te bid en te weet God sal altyd antwoord met ‘n onmiddellike “ja” of “wag ‘n bietjie” of ‘n definitiewe “nee”. (Ons het ‘n verkeerslig-boekmerk gemaak om ons hieraan te herinner.)


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ‘n koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeelte kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  1. Vertel van ‘n keer waar God jou gebed geantwoord het met of ‘n duidelike “ja” of “wag ‘n bietjie” of ‘n definitiewe “nee”.

  2. Wat gebeur met ons wanneer God ons met ‘n “ja” of “wag” of “nee” antwoord?

  3. Waarvoor kan ons bid? (Ouer en kind deel)

  • Wat het gebeur? Wil jy jammer sê of vergewe? Wil jy dankie sê?

  • Wat lê voor? Is daar iets waarna jy opsien? Is daar iets waarna jy uitsien?

  • Kom ons bid vir mekaar.


Komende Sondag:

Die komende Sondag gesels ons oor gebed uit die storie van Hanna.


GRAAD 8-10:

Dit was Sondagaand ‘n fees om saam met al die tieners en van die ouers deel te hê aan die aanddiens... en dis deel van die doel van ‘n erediens – om God se goedheid te vier. Die ander groot doelwit is om ritmes in te oefen wat ons help om saam met God in ons lewe te leef en ds. Johan Steenkamp het ons baie prakties met ‘n paar gebed ritmes gehelp.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag gesels oor God se heiligheid en die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat God se naam meer as net ‘n titel of noemer is.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor die gewig wat ek aan God se naam gee.

  • Impak (Aksie en optrede): Om deur gebed vir God te leer ken, wie God regtig is en in my optrede eer aan God se naam te gee.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeelte kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  • Vertel as ouer vir jou kind(ers) waar julle name vandaan kom. Vertel dan ook waar die kinders se name vandaan kom en watter betekenis hulle name vir julle het. (Hoekom het julle daardie name vir hulle gegee?)

  • Name in die Bybel het baie betekenis gehad. Dit het altyd iets gesê oor daardie persoon en as die persoon se lewe verander het, het die naam ook verander. (Dink aan Abram wat Abraham word, Jakob wat Israel word, Simon wat Petrus word, Saulus wat Paulus word.) Watter verskillende name van God ken julle en wat sê dit vir julle oor God? (Gebruik gerus Google om julle gesprek te stimuleer.)

  • Kom ons bid saam die Onse Vader.


Komende Sondag:

Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “...oor God se wêreld.”


GRAAD 11 (Belydenisklas):


Ek Glo - Belydenisklas ouerbrief

Dit was Sondag ‘n fees om saam al die nuwe geleenthede saam te kon geniet – van die oggend se koshuis-belydenisklas tot die aanddiens... en dis deel van die doel van ‘n erediens – om God se goedheid te vier. Die ander groot doelwit is om ritmes in te oefen wat ons help om saam met God in ons lewe te leef en ds. Johan Steenkamp het ons Sondagaand baie prakties met ‘n paar gebed ritmes gehelp.


Dit was Sondag ‘n fees om saam al die nuwe geleenthede saam te kon geniet – van die oggend se koshuis-belydenisklas tot die aanddiens... en dis deel van die doel van ‘n erediens – om God se goedheid te vier. Die ander groot doelwit is om ritmes in te oefen wat ons help om saam met God in ons lewe te leef en ds. Johan Steenkamp het ons Sondagaand baie prakties met ‘n paar gebed ritmes gehelp.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag gesels oor God wat ons roep en die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat God jou op jou naam geroep het by jou doop.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor die gedagte dat geloof deels my geloof in God is, maar net soveel God se geloof in my is om te word soos Jesus.

  • Impak (Aksie en optrede): Om geloofsgewoontes in te oefen om geloof in God en myself tasbaar te maak.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeelte kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  • Vertel as ouer vir jou kind(ers) waar julle name vandaan kom. Vertel dan ook waar die kinders se name vandaan kom en watter betekenis hulle name vir julle het. (Hoekom het julle daardie name vir hulle gegee?)

  • Lukas 5 is die verhaal van Jesus wat vir Simon en die ander vissermanne roep om Hom te volg en te leer hoe om mense te “vang”. Hoe help dit julle om die reis van doop na belydenisaflegging te verstaan?

  • Kom ons bid saam die Onse Vader.


Komende Sondag:

Twee byeenkomste:

10:00 - 11:00 (Direk na die oggenddiens.)

18:30 – 20:00 (Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “Ek Glo... Die 12 Artikels.”


Shalom


Christi Thirion

Leraar

Tel: 021 913 4206 (x125)

Sel: 082 728 9762

Instagram: @christi.thirion

Facebook: /christi.thirion

Twitter: @christiThirion

15 views

Recent Posts

See All
bottom of page