top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 08/03/2022



Liewe Ouers,


GRAAD 6 & 7:

Groepleiers:

Ons het op die oomblik een pappa wat albei ons seuns groepe lei. Ons het nog ʼn groot behoefte na groepleiers by die graad 6 & 7 seuns-groepe. Kontak my asb. direk by die kontakbesonderhede hier onder indien jy sal brûe bou soos Jesus met hierdie groepe.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag geleer bid soos Jakobus deur in sy skoene te staan toe Jesus die dissipels leer bid het in Matteus 6:9-13. Die volgende uitkomste was belangrik:


  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Die jongmense ontdek dat gebed ’n lewenshouding of ’n lewenspad is; en om ’n biddende leefstyl aan te leer.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor hul gevoelens oor gebed en om nie minderwaardig of onseker oor hulle gebedslewe te voel nie.

  • Impak (Aksie en optrede): Die jongmense word uitgedaag om te bid.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeelte kyk en dan die vrae hier onder gebruik om te gesels. Ouers moet asseblief ook een van hul eie geloofsverhale deel:

  • Wat maak dit vir jou maklik of moeilik om te bid?

  • Hoe kan ons mekaar in die huis help om te bid?

  • Kom ons bid die Ons Vader saam.


Komende Sondag:

Die komende Sondag is ons laaste “kwartaal-Sondag” en ons gesels oor ʼn gebed van Jesus.



GRAAD 8-10:

Die meeste skole is nou besig met toetsreeks en ons is bewus daarvan dat die tieners groot druk ervaar. Ons wil julle egter nooi om Sondagaand ten minste die erediens saam met hulle groep by te woon, want dis ‘n baie praktiese manier om te erken dat ons afhanklik van God bly leef.


Ons het Sondagaand in ons groepe gesels oor “...oor vergifnis.”


Wat het ons geleer?

Die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat gebed om vergifnis die mees basiese gebed vir geestelike groei is.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor areas in my lewe waar ek vergifnis nodig het.

  • Impak (Aksie en optrede): Om myself te sien vir wie ek is en gereed te wees om God se gereelde vergifnis te ontvang.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeeltes (Matt. 6:12, Psalm 51) kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  • As mens aflos hardloop, word die hele span gediskwalifiseer as die een wat wegspring verby die spanmaats hardloop, sonder om die stokkie oor te gee, al wen daai een ook. Hoe werk God se vergifnis ook soos aflos?

  • Waar sukkel jy op die oomblik met vergifnis? Om vergifnis te vra? Om te vergewe?

  • Kom ons bid saam die Ons Vader.


Komende Sondag:

Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “...oor boosheid en broosheid.” Hierdie sal ook ons laaste byeenkoms vir die kwartaal wees.



GRAAD 11 (Belydenisklas):

Ek Glo - Belydenisklas ouerbrief

Die meeste skole is nou besig met toetsreeks en ons is bewus daarvan dat die tieners groot druk ervaar. Ons wil hulle egter nooi om Sondag ten minste die erediens saam met hulle groep by te woon, want dis ‘n baie praktiese manier om te erken dat ons afhanklik van God bly leef.



Wat het ons geleer?

Ons het Sondag gesels oor die vraag: “Wat is die Bybel?” na aanleiding van The Bible Project se video daaroor: https://bibleproject.com/explore/video/the-story-of-the-bible/?utm_source=web_social_share&medium=shared_video


  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat die Bybel ʼn biblioteek is met ʼn verenigde storie.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor die manier hoe God mense oor tyd gebruik het om na die wêreld te kom.

  • Impak (Aksie en optrede): Om die Bybel te lees as die getuienisse en verhale van mense se ervarings van God om ons te help om God vandag raak te sien en saam met God te leef.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels (ouers deel gerus ook uit jou eie lewe):


  • Wat is jou gunsteling gedeelte uit die Bybel?

  • Vertel van ʼn keer waar jy ervaar het dat God met jou persoonlik praat uit die Bybel.

  • Kom ons bid saam die Ons Vader.


Komende Sondag:

Twee byeenkomste:

10:00 - 11:00 (Direk na die oggenddiens – Koshuis kinders.)

18:30 – 20:00 (Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “hoe lees ons die Bybel?”. Die sal ook ons laaste byeenkom vir die kwartaal wees.


Shalom

Christi Thirion

Leraar

Tel: 021 913 4206 (x125)

Sel: 082 728 9762

Instagram: @christi.thirion

Facebook: /christi.thirion

Twitter: @christiThirion


4 views

Recent Posts

See All
bottom of page