top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 14/02/2022


ree

Liewe Ouers,


GRAAD 6 & 7:

Groepleiers:

Ons het op die oomblik een pappa wat albei ons seuns groepe lei. Ons het nog ʼn groot behoefte na groepleiers by die graad 6 & 7 seuns-groepe. Kontak my asb. direk by die kontakbesonderhede hier onder indien jy sal brûe bou soos Jesus met hierdie groepe.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag geleer geleer bid soos Hanna, Samuel se ma, deur te kyk na 1 Samuel 1:9-19 en die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat baie mense sedert die ontstaan van die kerk twyfel of God werklik gebede verhoor.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor hoe ek reageer op my gebede.

  • Impak (Aksie en optrede): Om te bid en hulle geloofspad in gebed te volhard.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ‘n koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeelte kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

1. Vertel van ‘n keer waar dit gevoel het of God nie na jou gebede luister nie.

2. Wat het jou gehelp om aan te hou glo?

3. Waarvoor kan ons bid? (Ouer en kind deel)

a. Wat het gebeur? Wil jy jammer sê of vergewe? Wil jy dankie sê?

b. Wat lê voor? Is daar iets waarna jy opsien? Is daar iets waarna jy uitsien?

c. Kom ons bid vir mekaar.


Komende Sondag:

Die komende Sondag gesels ons oor gebed uit die storie van Nehemia.


GRAAD 8-10:

Ons het Sondagaand in die erediens saam met Dave nagedink oor gebed in moeilike tye en daarna in ons groepe gesels “...oor God se wêreld” uit die bede “Laat U koninkryk kom.”


Wat het ons geleer?

Die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te onthou dat God die wêreld gemaak het, dat dit stukkend is en dat God dit wil heel maak, deur ons, wanneer ons bid.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor die prentjies wat God in gebed vir my gee oor wat stukkend is en waarvoor God my roep.

  • Impak (Aksie en optrede): Om van my knieë af op te staan en saam met God te werk om God se liefde en herstel sigbaar te maak.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeeltes (Matt. 6:10a, Joh. 14:12-14) kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  • Blaai deur die koerant of die nuus-app op jou foon en vertel vir mekaar watter prentjie oor die wêreld daardie opskrifte vir julle skets

  • Wat dink julle is God se droom met daardie selfde opskrifte? Wat sal God wil doen om daardie opskrifte te verander en ‘n nuwe einde vir die storie te skryf?

  • Hoe nooi God julle uit om deelnemers aan sy werk te wees in die nuwe storie, vandag, oor ‘n jaar of 5 jaar?

  • Kom ons bid saam die Onse Vader.


Komende Sondag:

Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “...oor God se wil.”



GRAAD 11 (Belydenisklas):

Ek Glo - Belydenisklas ouerbrief

Ons het Sondagaand in die erediens saam met Dave nagedink oor gebed in moeilike tye uit Habakuk.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag gesels oor geloof en in besonder die 12 Artikels.

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat geloof kennis en vertroue is, maar ook ʼn verhouding is.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor die inhoud wat my met geloof laat leef.

  • Impak (Aksie en optrede): Om hul eie geloof te kan verwoord en om vir God in hulle daaglikse lewe te kan ervaar.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeelte (Matteus 16:13-20) kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  • Vertel vir mekaar wat in jou gedagtes opspring wanneer jy die vraag hoor “Wat glo jy?”

  • Die 12 Artikels gee al vir eeue aan mense woorde om die basiese van ons geloof te bespreek. Herinner mekaar aan wat dit alles sê. Is daar een of twee van die aspekte wat jou help? Is daar iets wat jy al bietjie van vergeet het?

  • Kom ons bid saam die Onse Vader.


Komende Sondag:

Twee byeenkomste:

10:00 - 11:00 (Direk na die oggenddiens.)

18:30 – 20:00 (Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “Commitment.”


Shalom

Christi Thirion

Leraar

Tel: 021 913 4206 (x125)

Sel: 082 728 9762

Instagram: @christi.thirion

Facebook: /christi.thirion

Twitter: @christiThirion

Comments


bottom of page