top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 14/03/2022


ree

Liewe Ouers,


GRAAD 6 & 7:

Hierdie Sondag was die laaste kwartaal-Sondag vir die eerste kwartaal. Die komende naweek is Menseregtedag langnaweek, en die twee Sondae daarna is skoolvakansie. Hou gerus die gemeente se sosiale media blaaie dop vir huisgeloof-wenke vir die vakansie en tweede kwartaal langnaweke.


Groepleiers:

Ons het op die oomblik een pappa wat albei ons seuns groepe lei. Ons het nog ʼn groot behoefte na groepleiers by die graad 6 & 7 seuns-groepe. Kontak my asb. direk by die kontakbesonderhede hier onder indien jy sal brûe bou soos Jesus met hierdie groepe.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag geleer bid soos Jesus toe hy in die tuin van Getsemane was (Lukas 22:39-46, Johannes 17). Die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Die jongmense ontdek dat Jesus self ʼn aktiewe gebedslewe gehad het.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor hoe Jesus se ingesteldheid oor sy taak verander het as gevolg van sy gebedsworsteling.

  • Impak (Aksie en optrede): Die jongmense word uitgedaag om te bid dat God se wil sal gebeur in hul eie lewens.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeelte kyk en dan die vrae hier onder gebruik om te gesels. Ouers moet asseblief ook een van hul eie geloofsverhale deel:

  • Wat leer Jesus se gebed in Getsemane vir jou oor gebed?

  • Wat het die kwartaal gebeur wat jou help met gebed?

  • Kom ons bid die Ons Vader saam.


Komende Sondag:

Ons kom weer 10 April bymekaar.



GRAAD 8-10:

Hierdie Sondag was die laaste kwartaal-Sondag vir die eerste kwartaal. Die komende naweek is Menseregtedag langnaweek, en die twee Sondae daarna is skoolvakansie. Hou gerus die gemeente se sosiale media blaaie dop vir huisgeloof-wenke vir die vakansie en tweede kwartaal langnaweke. Ons wil julle ook nooi om steeds Sondagaand die erediens saam by te woon.


Ons het Sondagaand in ons groepe gesels oor “...oor boosheid en broosheid.”


Wat het ons geleer?

Die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat versoekings enige iets kan wees wat ons verhouding met God kan benadeel.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor wat vir myself versoekings is en hoe dit my van God weg hou.

  • Impak (Aksie en optrede): Om myself te herinner dat niks my van die liefde van God kan skei nie.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeeltes (Matt. 6:13, Romeine 8:31-39) kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  • Soos in week 3, kyk weer na die koerant opskrifte van jou nuus-app of die koerant. Watter versoekings en boosheid is daar in ons wêreld waarvan God ons moet beskerm en verlos?

  • Wat is versoekings vir julle en hoe kan die mense in die huis mekaar daarmee help?

  • Kom ons bid saam die Ons Vader.


Komende Sondag:

Ons ontmoet die volgende drie weke net in die aanddiens en weer vir groepe op 10 April.



GRAAD 11 (Belydenisklas):

Ek Glo - Belydenisklas ouerbrief


Hierdie Sondag was die laaste kwartaal-Sondag vir die eerste kwartaal. Die komende naweek is Menseregtedag langnaweek, en die twee Sondae daarna is skoolvakansie. Hou gerus die gemeente se sosiale media blaaie dop vir huisgeloof-wenke vir die vakansie en tweede kwartaal langnaweke.

Ons wil julle ook nooi om steeds Sondagaand die erediens saam by te woon.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag gesels oor die vraag: “Hoe lees ons die Bybel?” na aanleiding van The Bible Project se video daaroor:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat die Bybel ʼn verenigde storie is wat op baie verskillende maniere vertel word.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor die manier hoe God met ons praat uit die Bybel.

  • Impak (Aksie en optrede): Om die Bybel te lees as die getuienisse en verhale van mense se ervarings van God om ons te help om God vandag raak te sien en saam met God te leef.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels (ouers deel gerus ook uit jou eie lewe):


  • Hoekom bly die Bybel so relevant?

  • Watter deel van die Bybel ken jy nie so goed nie en wil dit graag beter leer ken?

  • Kom ons bid saam die Ons Vader.


Komende Sondag:

Ons ontmoet die volgende drie weke net in die aanddiens en weer vir groepe op 10 April.


Shalom

Christi Thirion

Leraar

Tel: 021 913 4206 (x125)

Sel: 082 728 9762

Instagram: @christi.thirion

Facebook: /christi.thirion

Twitter: @christiThirion


Comments


bottom of page