top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 15/08/2022


ree

Liewe ouers,


GRAAD 6 & 7


Waarheen is ons op pad?

Die jeugbediening se groot doelwit is om met ons jongmense op reis te gaan na die “ideale lidmaat” prentjie. Dit het verskeie aspekte, waarvan een groei is. Ons droom van jongmense wat groei

  • in kennis van God en geloof, maar meer dat die kennis oorloop in praktiese lewenswysheid.

  • in bewustheid van hul roeping en dit gebruik om te dien.

  • in kwaliteit verhoudings.

  • in aanbidding saam met ander gelowiges.


Die kombinasie van kleingroep byeenkoms, erediens bywoning en die kommunikasie deur die weeklikse ouerbrief is gestruktureer om hierdie prentjie te dien.


Wat het ons Sondag geleer?

Ons is besig met die Verbond en Ubuntu reeks en ons het Sondag gesels oor die storie van Abram.

  • Ons ontdek dat God mense as vennote kies.

  • Ons dink daaroor dat God ‘n verbond sluit – ‘n ooreenkoms - met mense om te bevestig dat mense God se vennote is.

  • Ons doen alles wat ons kan om die ooreenkoms na te kom.


Saamdoen:

Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie toegang tot WhatsApp het nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.


ree

Die doen-idee vir die tieners is ʼn seën-oudit:

  • Skryf 3-5 maniere neer waarop jy ervaar dat God jou seën. Dit sluit in, goed wat jy besit, verhoudings met mense wat jou lewe verryk, geleenthede, gawes, talente, ens.

  • Hoe kan jy dit waarmee die Here jou seën gebruik om tot seën van ander te wees?


*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.


Komende Sondag:

Die komende naweek is die besoek aan Maitland Gemeente. Ons wil graag al die graad 6-7 tieners saamneem. Vul asseblief die aanlyn vorm hier onder in, sodat ons later in die week die praktiese reëlings kan tref.


Vir die jongmense wat nie saam gaan kuier nie, sal daar reëlings getref word dat die kleingroep byeenkoms by die kerkgebou sal voortgaan. Daar hanteer ons die storie waar Abram se naam verander word na AbraHam.


Verder die kwartaal:

Ons herinner julle graag aan ons vier uitreik geleenthede vir die kwartaal:

Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Maitland Gemeenskapskerk 21 Aug. Woon saam hul erediens by en help

by die voedingskema vir haweloses.

Sobambisana 3 Sept. Verf en instandhouding by die

speelarea.

Oude Westhof Aftreeoord 4 Sept. Kuier tussen generasies. Leer

mekaar en geloofstories ken.

Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.


Om een van hierdie uitreike by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4 . Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.


Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.


GRAAD 8-11


Waarheen is ons op pad?

Die jeugbediening se groot doelwit is om met ons jongmense op reis te gaan na die “ideale lidmaat” prentjie. Dit het verskeie aspekte waarvan een groei is. Ons droom van jongmense wat groei

  • in kennis van God en geloof, maar meer dat die kennis oorloop in praktiese lewenswysheid.

  • in bewustheid van hul roeping en dit gebruik om te dien.

  • in kwaliteit verhoudings.

  • in aanbidding saam met ander gelowiges.


Die kombinasie van kleingroep byeenkoms, erediens bywoning en die kommunikasie deur die weeklikse ouerbrief is gestruktureer om hierdie prentjie te dien.


Wat het ons Sondag geleer?

Ons is besig met die Verbond en Ubuntu reeks en ons het Sondag gesels oor die tema God en die mens uit die storie van Abram.

  • Ons ontdek dat God mense as vennote kies.

  • Ons dink daaroor dat God ‘n verbond sluit – ‘n ooreenkoms - met mense om te bevestig dat mense God se vennote is.

  • Ons doen alles wat ons kan om die ooreenkoms na te kom.

Saamdoen:

Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie deel is van die graadgroepe se WhatsApp-groep nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.


ree

Die doen-idee vir die tieners is ʼn seën-oudit:

  • Skryf 3-5 maniere neer waarop jy ervaar dat God jou seën. Dit sluit in, goed wat jy besit, verhoudings met mense wat jou lewe verryk, geleenthede, gawes, talente, ens.

  • Hoe kan jy dit waarmee die Here jou seën gebruik om tot seën van ander te wees?


*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.


Komende Sondag:

Die komende Sondag is die besoek aan Maitland Gemeente. Ons wil graag soveel as moontlik van ons tieners saamneem. Vul asseblief die aanlyn vorm hier onder in, sodat ons later in die week die praktiese reëlings kan tref.


Sondagaand gesels ons oor die tema God en die nageslag uit die storie waar Abram se naam verander word na AbraHam.


Twee byeenkomste:

10:00 - 11:00 - GEEN – Woon Melinda Venter se proefpreek by om 10:30

18:30 – 20:00 Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal saam gesels.


Verder die kwartaal:

Ons herinner julle graag aan ons vier uitreik geleenthede vir die kwartaal:

Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Maitland Gemeenskapskerk 21 Aug. Woon saam hul erediens by en help

by die voedingskema vir haweloses.

Sobambisana 3 Sept. Verf en instandhouding by die

speelarea.

Oude Westhof Aftreeoord 4 Sept. Kuier tussen generasies. Leer

mekaar en geloofstories ken.

Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.


Om een van hierdie uitreike by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4 . Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.


Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.



Shalom

Christi Thirion

Leraar

Tel: 021 913 4206 (x125)

Sel: 082 728 9762

Comments


bottom of page