top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 20/07/2022


Liewe Ouers,


GRAAD 6 & 7:


Welkom by die derde kwartaal. Dis soos gewoonlik ons uitreikkwartaal in die gemeente en ons neem saam met die res van die gemeente deel aan die reeks “Verbond en Ubuntu” en ons skop reeds hierdie Sondag daarmee af.


Waaroor gesels ons hierdie kwartaal?

Ons hanteer die woorde verbond en ubuntu. Hierdie woorde som ons lewe van verhoudings op. Ons lewe in verhouding met God, mekaar, ander mense en die aarde en ons kan hierdie verhoudings nie uitmekaar haal nie. Ons gesels juis ook daaroor omdat die meeste van ons uitdagings in die lewe juis op hierdie plekke lê.


Julle kan uitsien na die volgende temas:

Kwartaal 3 - Uitreikkwartaal - Tema: Verbond en Ubuntu

Datum Gemeente Tema Tema Fokus teks

24 Jul. Inleiding: Waaroor gaan verbond en ubuntu

31 Jul. Verbond met die skepping Adam & Eva Gen 1:26-27 / Ge 2:4-25

7 Aug. Langnaweek Geen Byeenkoms

14 Aug. God en die mens God se verbond met

Abram Gen 15:6-21

21 Aug. God en die nageslag God se verbond met

Abraham Gen 17:1-10, 15-16

28 Aug. God en vreemdelinge God en vreemdes Eks 19:3-8; 20:1-2; 22:21;

23:9

4 Sept. Vergeetagtige Sondaars Onthou om te onthou Deuteronomium 8:6-18

11 Sept. Die Nasies God se verbond vir

ALLE mense Gen 12:2-3; Matt 28:19-20

18 Sept. Etikette is vir bottels Saggeus Lukas 19:1-10

25 Sept. Spieëltjie, spieëltjie Selfbeeld Rigters 6:7-18


Wat gaan ons hierdie kwartaal doen?

Uitreikkwartaal is ook ʼn goeie tyd om ons geloof te doen – om prakties dinge te doen, soos Jesus ons leer. Ons beplan daarom gedurende die kwartaal ʼn paar geleenthede waar ons by van ons Bediening na Buite vennote gaan kuier.

Ons wil graag ons tieners blootstel aan waarmee die Here besig is buite die kerkgebou en uitnooi om die Here ook daar te volg. Ons wil die uitnodiging ook aan julle as ouers maak om deel te neem en saam te gaan.


Ons beplan die volgende besoeke:

Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Oude Westhof Aftreeoord 14 Aug. of 4 Sept. (TBC) Kuier tussen generasies. Leer

mekaar en geloofstories ken.

Maitland Gemeenskapskerk 21 Augustus Woon saam hul erediens by en

help by die voedingskema vir

haweloses.

Sobambisana 3 September Verf en instandhouding by die

speelarea.

Huis Ravenzicht 16 Oktober Braai vir die inwoners.


Die tieners sal hierdie Sondag meer inligting daaroor ontvang en uitgenooi word om hul name op te gee vir die projekte. Daarna sal ons vir die verskillende projekte kontak maak met julle as ouers om die nodige toestemming en reëlings te tref.


Hierdie Sondag:

Ons kom Sondag, direk na die eerste diens en familiediens in die Grootsaal bymekaar. Woon gerus as huishouding die erediens saam by en as julle nuuskierig is, kan julle ook inloer by die Grootsaal.


GRAAD 8-10:


Welkom by die derde kwartaal. Dis soos gewoonlik ons uitreikkwartaal in die gemeente en ons neem saam met die res van die gemeente deel aan die reeks “Verbond en Ubuntu” en ons skop reeds hierdie Sondag daarmee af.


Waaroor gesels ons hierdie kwartaal?

Ons hanteer die woorde verbond en ubuntu. Hierdie woorde som ons lewe van verhoudings op. Ons lewe in verhouding met God, mekaar, ander mense en die aarde en ons kan hierdie verhoudings nie uitmekaar haal nie.

Ons gesels juis ook daaroor omdat die meeste van ons uitdagings in die lewe juis op hierdie plekke lê. Julle kan uitsien na die volgende temas:


Kwartaal 3 - Uitreikkwartaal - Tema: Verbond en Ubuntu

Datum Gemeente Tema Tema Fokus teks

24 Jul. Inleiding: Waaroor gaan verbond en ubuntu

31 Jul. Verbond met die skepping Adam & Eva Gen 1:26-27 / Ge 2:4-25

7 Aug. Langnaweek Geen Byeenkoms

14 Aug. God en die mens God se verbond met

Abram Gen 15:6-21

21 Aug. God en die nageslag God se verbond met

Abraham Gen 17:1-10, 15-16

28 Aug. God en vreemdelinge God en vreemde mense Eks 19:3-8; 20:1-2; 22:21;

23:9

4 Sept. Vergeetagtige Sondaars Onthou om te onthou Deuteronomium 8:6-18

11 Sept. Die Nasies God se verbond vir

ALLE mense Gen 12:2-3; Matt 28:19-20

18 Sept. Vingerafdrukke van God Psalm 19:1-7

25 Sept. Hoeveel is genoeg? Lev. 19:9-10; Deut. 20:19-

20.


Wat gaan ons hierdie kwartaal doen?

Uitreikkwartaal is ook ʼn goeie tyd om ons geloof te doen – om prakties dinge te doen, soos Jesus ons leer.

Ons beplan daarom gedurende die kwartaal ʼn paar geleenthede waar ons by van ons Bediening na Buite vennote gaan kuier. Ons wil graag ons tieners blootstel aan waarmee die Here besig is buite die kerkgebou en uitnooi om die Here ook daar te volg. Ons wil die uitnodiging ook aan julle as ouers maak om deel te neem en saam te gaan.


Ons beplan die volgende besoeke:

Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Oude Westhof Aftreeoord 14 Aug. of 4 Sept. (TBC) Kuier tussen generasies. Leer

mekaar en geloofstories ken.

Maitland Gemeenskapskerk 21 Augustus Woon saam hul erediens by en

help by die voedingskema vir

haweloses.

Sobambisana 3 September Verf en instandhouding by die

speelarea.

Huis Ravenzicht 16 Oktober Braai vir die inwoners.


Die tieners sal hierdie Sondag meer inligting daaroor ontvang en uitgenooi word om hul name op te gee vir die projekte. Daarna sal ons vir die verskillende projekte kontak maak met julle as ouers om die nodige toestemming en reëlings te tref.


Hierdie Sondag:

Ons kom Sondagaand om 18:30, saam met die aanddiens, bymekaar en gesels dan verder in die Grootsaal. Woon gerus as huishouding die erediens saam by en as julle nuuskierig is, kan julle ook inloer by die Grootsaal.


Ek sien self baie uit na die kwartaal en glo dit gaan ʼn fantastiese geleentheid wees om die Here ook op vars maniere te ervaar.


Shalom

Christi Thirion

10 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page