top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 21/02/2022

Updated: Feb 28, 2022




Liewe Ouers,


GRAAD 6 & 7:

Groepleiers:

Ons het op die oomblik een pappa wat albei ons seuns groepe lei. Ons het nog ʼn groot behoefte na groepleiers by die graad 6 & 7 seuns-groepe. Kontak my asb. direk by die kontakbesonderhede hier onder indien jy sal brûe bou soos Jesus met hierdie groepe.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag geleer bid soos Nehemia, deur te kyk na Nehemia 1:4-10, 2:4 en 6:9. en die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Die jongmense ontdek dat gebed aansluit by alle fasette van hulle lewe.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor hoe God in gebed ons help om die wêreld te sien soos God.

  • Impak (Aksie en optrede): Dat gebed my anders laat optree in my wêreld en my wêreld my anders laat bid.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ‘n koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels.

Julle kan weer na die teksgedeelte kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels. Ouers moet asseblief ook een van hul eie geloofsverhale deel:

  • As jy na ons omgewing kyk, wat wil jy hê moet God regmaak of verander?

  • God gebruik sommer vir Nehemia om Nehemia se eie gebede te beantwoord. Hoe wil God ons gebruik om die antwoord op ons eie gebede ook te wees?

  • Waarvoor kan ons bid? (Ouer en kind deel)

  1. Wat het gebeur? Wil jy jammer sê of vergewe? Wil jy dankie sê?

  2. Wat lê voor? Is daar iets waarna jy opsien? Is daar iets waarna jy uitsien?

  3. Kom ons bid vir mekaar.


Komende Sondag:

Die komende Sondag gesels ons oor gebed uit die storie van Esra.



GRAAD 8-10:

Ons het Sondagaand in die erediens saam nagedink oor om in gebed te wag en daarna in ons groepe gesels oor God se wil uit die bede “Laat U wil geskied.”


Wat het ons geleer?

Die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat God se wil baie kere verskil van my wil.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor my gebedsversoeke.

  • Impak (Aksie en optrede): Om luisterend na God te bid, om te kan weet wat God se wil vir my lewe is.

Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeeltes (Matt. 6:10b, Matteus 26:36-46) en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  • Hoe weet julle wat God se wil is?

  • Baie kere leer ons juis God se wil ken in die behoeftes van ons naaste. Wat dink julle is die behoeftes van die ander lede van ons huis en hoe help dit ons om God se wil raak te sien?

  • Kom ons bid saam die Onse Vader.


Komende Sondag:

Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “...oor behoeftes en begeertes.”



GRAAD 11 (Belydenisklas):

Ek Glo - Belydenisklas ouerbrief

Ons het Sondagaand in die erediens saam nagedink oor om in gebed te wag


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag gesels oor geloof en commitment.

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat geloof en belydenis van geloof ʼn lewenslange commitment is.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor hoe die praktiese implikasies van die commitment in my lewe.

  • Impak (Aksie en optrede): Om baie praktiese gewoontes in te oefen vir my commitment aan God.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels.


Julle kan weer na die teksgedeelte (Lukas 5:1-11 (DB) en Deuteronomium 6:1-9 (NLV)) kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels (ouers deel gerus ook uit jou eie lewe):

  • Hoekom is commitment belangrik vir verhoudings?

  • Wat doen jy elke dag om jou commitment met Jesus sterk te hou?

  • Kom ons bid saam die Onse Vader.


Komende Sondag:

Twee byeenkomste:

10:00 - 11:00 (Direk na die oggenddiens – Koshuis kinders.)

18:30 – 20:00 (Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “Kerk”



Shalom

Christi Thirion

Leraar

Tel: 021 913 4206 (x125)

Sel: 082 728 9762

Instagram: @christi.thirion

Facebook: /christi.thirion

Twitter: @christiThirion


14 views

Recent Posts

See All
bottom of page