top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 22/08/2022

Updated: Aug 23, 2022


Liewe Ouers,


Graad 6 & 7


Waarheen is ons op pad?

Die jeugbediening se groot doelwit is om met ons jongmense op reis te gaan na die “ideale lidmaat” prentjie. ʼn Volgende deel van die prentjie is lidmate wat “Deelneem aan gemeenskap en feesviering, veral eredienste.”


Die graad 6 & 7 jongmense beweeg uit die kinderkerk situasie, wat buiten praktiese redes, ook die geleentheid bied waar hulle saam met die volwassenes van die gemeente deelneem aan die oggenddiens en daarna na hul groepe beweeg. Een van die merkers van mense wat groei in hul geloof is juis gelowiges wat die Here saam met die gemeente aanbid en daarom sien ons dit as ʼn gegewe dat graad 6 & 7 jongmense saam met hul ouers die oggenddiens bywoon.


Wat het ons Sondag geleer?

ʼn Groot deel van die graad 7 groep het saam gegaan na Maitland. Twee tieners het die volgende getuienis daaroor gedeel:

“Ek’s baie bly ek het gegaan, almal was baie vriendelik, al was dit duidelik dat hulle nogal swaarkry. Dit het nogal my my eie probleme in perspektief laat sit. Ek gaan definitief vir die res van die uitreike daar wees.”


“Dit was ʼn goeie ervaring. Ek het gesien hoe bevoorreg ons is en hoe dankbaar ons moet wees vir als wat ons het. Ek sal definitief weer so iets doen.”


Ons is besig met die Verbond en Ubuntu reeks en ons het Sondag gesels oor die storie van AbraHam.

  • Ons ontdek dat God se verbond vir altyd geld.

  • Ons dink daaroor dat beloftes wat God duisende jare terug gemaak het, vandag vir ons geld en daarom ook vir ons kinders en hulle kinders en nageslagte

  • Ons lewe nou op maniere wat ʼn voorbeeld van ʼn verhouding met God sal wees vir ons nageslagte.


Saamdoen:

Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie toegang tot WhatsApp het nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.



Die doen-idee is om navorsing te doen oor die invloed van die voorgeslagte op ons geloof. As jy ʼn koffie-kuier met jou tiener reël kan julle bietjie gesels oor die volgende twee vrae:

  • Vra jou ouers wat is die belangrikste lesse van geloof wat hulle by hul voorgeslagte geleer het?

  • Vra jou ouers wat is die belangrikste lesse oor geloof wat hulle graag aan jou wil leer?


*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.


Komende Sondag:

Die komende naweek hanteer ons die tema God en die vreemdes deur te kyk na plekke waar God vir Israel daaraan herinner dat hulle eintlik vreemdelinge was in die land, waar hulle tot op daardie punt, geleef het.


Verder die kwartaal:

Ons herinner julle graag aan ons drie uitreik geleenthede vir die kwartaal:

Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Sobambisana 3 Sept. Verf en instandhouding by die speelarea.

Oude Westhof Aftreeoord 4 Sept. Kuier tussen generasies. Leer mekaar en

geloofstories ken.

Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.


Om een van hierdie uitreike by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4 . Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.


Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.


Graad 8-11


Waarheen is ons op pad?

Die jeugbediening se groot doelwit is om met ons jongmense op reis te gaan na die “ideale lidmaat” prentjie. ʼn Volgende deel van die prentjie is lidmate wat “Deelneem aan gemeenskap en feesviering, veral eredienste.”


Die #kenridgetieners het sedert graad 6 & 7 al uit die kinderkerk situasie beweeg, wat buiten praktiese redes, ook die geleentheid bied waar hulle saam met die volwassenes van die gemeente deelneem aan die oggenddiens en daarna na hul groepe beweeg. In die hoërskool koppel ons dit aan die aanddiens, waar daar ook studente en jong-werkendes is. Een van die merkers van mense wat groei in hul geloof is juis gelowiges wat die Here saam met die gemeente aanbid en daarom sien ons dit as ʼn gegewe dat hoërskool jongmense saam met hul huishoudings, maar in hierdie ontwikkelingsfase ook saam met hul portuur die aanddiens bywoon.


Wat het ons Sondag geleer?

ʼn Paar van ons tieners het Sondagoggend saam gegaan na Maitland. Twee tieners het die volgende getuienis daaroor gedeel:

“Ek’s baie bly ek het gegaan, almal was baie vriendelik, al was dit duidelik dat hulle nogal swaarkry. Dit het nogal my my eie probleme in perspektief laat sit. Ek gaan definitief vir die res van die uitreike daar wees.”


“Dit was ʼn goeie ervaring. Ek het gesien hoe bevoorreg ons is en hoe dankbaar ons moet wees vir als wat ons het. Ek sal definitief weer so iets doen.”


Ons is besig met die Verbond en Ubuntu reeks en ons het Sondag gesels oor die tema God en die nageslag na aanleiding van die episode waar God Abram se naam verander het na AbraHam wat beteken vader van nasies.

  • Ons ontdek dat God se verbond vir altyd geld.

  • Ons dink daaroor dat beloftes wat God duisende jare terug gemaak het, vandag vir ons geld en daarom ook vir ons kinders en hulle kinders en nageslagte

  • Ons lewe nou op maniere wat ʼn voorbeeld van ʼn verhouding met God sal wees vir ons nageslagte.


Saamdoen:

Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie toegang tot WhatsApp het nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.



Die doen-idee is om navorsing te doen oor die invloed van die voorgeslagte op ons geloof. As jy ʼn koffie-kuier met jou tiener reël kan julle bietjie gesels oor die volgende twee vrae:

  • Vra jou ouers wat is die belangrikste lesse van geloof wat hulle by hul voorgeslagte geleer het?

  • Vra jou ouers wat is die belangrikste lesse oor geloof wat hulle graag aan jou wil leer?

*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.



Komende Sondag:

Die komende naweek hanteer ons die tema God en vreemdelinge deur te kyk na plekke waar God vir Israel daaraan herinner dat hulle eintlik vreemdelinge was in die land, waar hulle tot op daardie punt, geleef het.


Twee byeenkomste:

10:00 - 11:00 – Gr 11 Belydenisklas (koshuis kinders) - Langsaal

18:30 – 20:00 Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal saam gesels.



Verder die kwartaal:

Ons herinner julle graag aan ons drie uitreik geleenthede vir die kwartaal:

Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Sobambisana 3 Sept. Verf en instandhouding by die speelarea.

Oude Westhof Aftreeoord 4 Sept. Kuier tussen generasies. Leer mekaar en

geloofstories ken.

Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.


Om een van hierdie uitreike by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4 . Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.


Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.


Shalom

Christi Thirion

7 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page