top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 26/07/2022

ree

Liewe Ouers,

Die derde kwartaal:

Welkom in die derde kwartaal. Die derde kwartaal is tradisioneel die gemeente se uitreikkwartaal en ons sien uit na ʼn opwindende paar weke, wat die temas en aktiwiteite betref. Julle tieners het Sondag gehoor dat ons vier uitreik geleenthede reël vir die kwartaal:

Vennoot Datum Wat gaan ons doen?

Maitland Gemeenskapskerk 21 Aug. Woon saam hul erediens by en help by

die voedingskema vir haweloses.

Sobambisana 3 Sept. Verf en instandhouding by die speelarea.

Oude Westhof Aftreeoord 4 Sept. Kuier tussen generasies. Leer mekaar en

geloofstories ken.

Huis Ravenzicht 16 Okt. Braai vir die inwoners.

Om een van hierdie uitreike by te woon, wil ek vra dat julle asseblief die aanlyn-vorm invul by https://forms.office.com/r/hQ9D0skwK4. Julle sal ook in die vorm sien dat daar inligting van die ouers gevra word. Ons het daardie inligting nodig om vir elke spesifieke uitreik die nodige toestemming en vrywaring te kry, maar ook om ouers se hulp te kry met vervoer en logistieke reëlings.

Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.

Ons het ook met die tieners gedeel dat die leraarspan, saam met die kerkraad, besig is om by die Here te hoor waarheen die gemeente op pad is. Een van die plekke waar dit uitspeel is by die tienerbediening. Ons beleef dat die tieners ʼn sterker “plek” in die gemeente moet hê – letterlike en figuurlik. Op figuurlike vlak wil ons vir die tienerbediening ʼn naam en logo kry en ons het Sondag verskillende opsies bespreek. Ons het vir die tieners gevra om daaroor te bid en ook met hul eie voorstelle na vore te kom. Die eerste idees is by die volgende aanlyn lêer beskikbaar (https://1drv.ms/u/s!AhDNfBwps2a9gcohVoJM2z9Na3F0Pw?e=iiPnNc) en indien julle tiener nie Sondag daar was nie, wil ek vra dat julle asseblief vir hulle die opsies wys, maar ook uitnooi om nog idees vir ons te stuur.

Graad 6 & 7

Wat het ons geleer?

Ons tema vir hierdie kwartaal is, saam met die res van die gemeente “Verbond en Ubuntu.” Ons het Sondag vinnig en breed daaroor gesels.

  • Verbond: Verbond kom van dieselfde stamwoord waar ons “band” of “bind” en “bond” vandaan kry – God bind Godself aan mense met God se beloftes.

  • Ubuntu: Ubuntu beskryf die beginsel dat ʼn mens is (waarlik/ volledig/ betekenisvol) mens deur ander mense en ons het die prentjie van ʼn drie-been-resies gebruik om dit te verduidelik.

Saamdoen:

Jou tiener sou deur WhatsApp ʼn prentjie gekry het met ʼn paar tekste vir die week. Daar is wel sommige wat nie toegang tot WhatsApp het nie* en ek wil julle as ouers vra om asseblief die week se teksgedeeltes met hulle te deel (aangeheg.) Julle kan deur die loop van die week ʼn koffie afspraak maak en gesels oor wat julle tiener raaksien in die gedeelte.

*Vir jongmense wie se kontakbesonderhede verander het, kan julle vir my laat weet, sodat ons dit kan aanpas.

ree

Komende Sondag:

Die komende naweek gesels ons oor die Adam en Eva en God se verbond met die skepping.

Graad 8-11

Die komende naweek gesels ons oor die Adam en Eva en God se verbond met die skepping. Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal saam gesels.

Vir die Gr 11 koshuis kinders is daar 'n belydenis klas van 10:00 - 11:00 (Direk na die oggenddiens)

Shalom

Christi Thirion

Comments

bottom of page