top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 27/01/2022



Liewe Ouers,


Baie dankie vir almal wat Sondag saam kom roomys eet het. Ek besef dat die tyd van die jaar ‘n hele klomp nuwe goed het en dat ons bietjie ly aan information overload. Daarom wil ek enkele gedagtes net weer deurgee.


GRAAD 6 & 7:


Groepleiers: Ons het intussen ‘n paar groepleiers vir die graad 7’s gekry, maar ons het ‘n paar mense nodig vir die graad 6’e. Ons het ten minste twee mans en twee dames nodig om ons te help brûe bou tussen die stories van die Bybel en die kinders se leefwêreld. Kontak my asseblief by die kontakbesonderhede hier onder.


Waarheen is ons op pad hierdie jaar: Onderliggend aan alles wat ons doen hierdie jaar is ons plan dat die graad 6-7’s kan sê:

“Ek verdiep my verstaan van Jesus se storie en begin myself en die mense rondom my raaksien in karakters van die Bybel se storie.“

“Ek weet dat Jesus se storie nog steeds geskryf word en ek ’n rol het om in hiérdie storie te speel en begin dit inoefen in 'n #kenridgetieners groep.”


Vir die eerste kwartaal lyk die proses dan so: Ons leer Bid soos ‘n held.

30 Januarie - Moses – Eks. 17:1-7

6 Februarie - Hiskia – 2 Kon. 20:1-6

13 Februarie - Hanna - 1 Samuel 1:9-19

20 Februarie - Nehemia - Neh. 1:4-10, 2:4, 6:9

27 Februarie - Esra - Neh. 8:1-13

6 Maart - Jakobus – Lukas 11:1-4

13 Maart - Jesus - Lukas 22:39-46

20 Maart - Langnaweek

27 Maart - Skoolvakansie


Die komende Sondag kom ons direk na die oggenddienste (10:00) in die Grootsaal bymekaar. Ons nooi julle om eers as huishouding een van die eredienste by te woon en dat die tieners daarna in die Grootsaal bymekaar kom.


Registreer asseblief u kind deur die vorm by die volgende skakel in te vul: https://forms.gle/QAaBKnDfZzBvrM3PA



GRAAD 8-10:


Groepleiers: Ons het intussen ʼn paar groepleiers vir die by gekry, maar ons het ʼn paar mense nodig vir die volgende groepe:

Graad 8 seuns: Een persoon

Graad 8 dogters: Een persoon

As die Here jou roep om ons te help brûe bou tussen die stories van die Bybel en die kinders se leefwêreld, kontak my asseblief by die kontakbesonderhede hier onder.


Waarheen is ons op pad hierdie jaar: Onderliggend aan alles wat ons doen hierdie jaar is ons plan dat die tieners kan sê:

Ek leer leef soos Jesus.

Ek woon #kenridgetieners groepe by waar ons mekaar se geloof vorm.

Ons beweeg van kennis na wysheid.

Ons neem verantwoordelikheid om te dien.

Ons aanbid Jesus op verskillende maniere.

Ons help mekaar leef deur verhoudings.


Vir die eerste kwartaal lyk die proses dan so: Ons leer bid soos Jesus ons leer...

30 Januarie - ... oor God se teenwoordigheid

06 Februarie - ... oor God se heiligheid

13 Februarie - ... oor God se wêreld

20 Februarie - ... oor God se wil

27 Februarie - ... oor behoeftes en begeertes

06 Maart - ... oor vergifnis

13 Maart - ... oor boosheid & broosheid

20 Maart - Langnaweek

25 Maart - Skole sluit


Die komende Sondag kom ons om 18:00 in die Grootsaal bymekaar. Vanaf 6 Februarie begin ons weer met die aanddiens om 18:30. Die tieners begin 18:30 saam met die gemeente in die aanddiens en verlaat dan na die preek die diens om in hul groepe bymekaar te kom, tot ongeveer 20:00. Ons nooi in besonder ons ouers om hierdie geleenthede saam met die tieners by te woon. Dis ook lekker om te weet dat die aanddiens ritme dan sal volhou, deur die toetsreekse, eksamens, langnaweke en vakansies en dat julle saam met die tieners enige Sondagaand hier bymekaar kan kom en saam met die gemeente die Here kan aanbid.


Registreer asseblief u kind deur die vorm by die volgende skakel in te vul: https://forms.gle/Tmf43Wa9jdrZS75G9



GRAAD 11 (Belydenisklas):


Koshuis-belydenisklas: Ons besef hier is ʼn baie groot behoefte na ʼn alternatiewe tyd vir die koshuis kinders. Ons dink aan ʼn paar moontlikhede. Ons wil daarom asseblief weer die koshuis-ouers nooi om Sondag te kom gesels om die beste pad vorentoe te kan bepaal.


Groepleiers: Ons is baie dankbaar vir Louis en Janneke se leiding, maar ons het nog ʼn paar mense nodig vir hierdie jaar, veral indien ons ʼn alternatiewe groep op ʼn alternatiewe tyd moet oorweeg: As die Here jou roep om ons te help brûe bou tussen die stories van die Bybel en die kinders se leefwêreld, kontak my asseblief by die kontakbesonderhede hier onder.


Waarheen is ons op pad hierdie jaar: Onderliggend aan alles wat ons doen hierdie jaar is ons plan dat die tieners kan sê:

Dat ek die lyne tussen my eie storie, God se storie en die kerk se storie inmekaar vleg.

Ek neem verantwoordelikheid om as deel van die gemeente en die groter kerk aktief God se koninkryk en die kerk te help bou.


Vir die eerste kwartaal lyk die proses dan so:

Ons gaan gesels oor:

Doop

Roeping

Dissipelskap

Kerk

Missie


Die komende Sondag kom ons om 18:00 in die Grootsaal bymekaar. Vanaf 6 Februarie begin ons weer met die aanddiens om 18:30. Die tieners begin 18:30 saam met die gemeente in die aanddiens en verlaat dan na die preek die diens om in hul glo-groepe bymekaar te kom, tot ongeveer 20:00. Ons nooi in besonder ons ouers om hierdie geleenthede saam met die tieners by te woon. Dis ook lekker om te weet dat die aanddiens ritme dan sal volhou, deur die toetsreekse, eksamens, langnaweke en vakansies en dat julle saam met die tieners enige Sondagaand hier bymekaar kan kom en saam met die gemeente die Here kan aanbid.



Registreer asseblief u kind deur die vorm by die volgende skakel in te vul: https://forms.gle/Tmf43Wa9jdrZS75G9


Sterkte vir die skoolprogramme wat weer volstoom loop. Ek glo die Here sal ons lei en die krag gee om in hierdie sterk stroom te kan swem.



Shalom

Christi Thirion

Leraar

Tel: 021 913 4206 (x125)

Sel: 082 728 9762

Instagram: @christi.thirion

Facebook: /christi.thirion

Twitter: @christiThirion


8 views

Recent Posts

See All
bottom of page