top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 28/02/2022


Liewe Ouers,


GRAAD 6 & 7:

Groepleiers:

Ons het op die oomblik een pappa wat albei ons seuns groepe lei. Ons het nog ʼn groot behoefte na groepleiers by die graad 6 & 7 seuns-groepe. Kontak my asb. direk by die kontakbesonderhede hier onder indien jy sal brûe bou soos Jesus met hierdie groepe.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag geleer bid soos Esra, deur te kyk na Nehemia 8:1-13. en die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Die jongmense ontdek gebed-karakter van die erediens.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor hoe ’n ontmoeting met God jou diepste menswees aanraak en jou in beweging bring.

  • Impak (Aksie en optrede): Om die erediens as feesviering van God se volgehoue sorg, seën en teenwoordigheid te benader


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ‘n koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels.

Julle kan weer na die teksgedeelte kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels. Ouers moet asseblief ook een van hul eie geloofsverhale deel:

1. Vertel van ‘n erediens wat jy vir altyd sal onthou?

2. Wat maak van ‘n erediens so spesiale geleentheid?

3. Waarvoor kan ons bid? (Ouer en kind deel)

• Wat het gebeur? Wil jy jammer sê of vergewe? Wil jy dankie sê?

• Wat lê voor? Is daar iets waarna jy opsien? Is daar iets waarna jy uitsien?

• Kom ons bid vir mekaar.


Komende Sondag:

Die komende Sondag gesels ons oor gebed uit die storie van Jakobus.


GRAAD 8-10:

Ons het Sondagaand in die erediens saam nagedink oor “God is now here...” en daarna in ons groepe gesels “...oor behoeftes en begeertes.”


Wat het ons geleer?

Die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat die Here omgee oor ons daaglikse alledaagse bekommernisse en tydelike behoeftes en daaraan aandag gee voor hy by ons geestelike behoeftes kom.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor wat behoeftes en wat begeertes is.

  • Impak (Aksie en optrede): Om vrygewigheid as ‘n maatstaf te gebruik om ons behoefte/begeertes te bepaal.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer na die teksgedeeltes (Matt. 6:11 en 6:24-34) kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  • In baie huise is die grootste bron van konflik oor vrae soos Wat eet ons? Want smake verskil. Dis moeilik om jouself in te dink dat jy jou kan bekommer oor of jy gaan jy eet wanneer die yskas en koskas vol is. Gesels saam oor die verskil tussen noodsaaklikhede en luukses.

  • Ons almal het dinge waaroor ons soms bekommerd is en Jesus wil ons juis in die daaglikse brood bede uitnooi om ons bekommernisse in gebed te kan bring. Waaroor lê jy soms wakker van bekommernis?

  • Kom ons bid saam die Onse Vader.


Komende Sondag:

Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “...oor vergifnis.”



GRAAD 11 (Belydenisklas):

Ek Glo - Belydenisklas ouerbrief

Ons het Sondagaand in die erediens saam nagedink oor “God is now here...”


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag gesels oor die vraag: “Kan ek ʼn Christen wees sonder om kerk toe te gaan?”

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat ons kerk toe kom om saam met medegelowiges te aanbid, wat ook vir my nodig het.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer oor gemeenskap en wat dit vir Christenskap beteken.

  • Impak (Aksie en optrede): Om die eredienste by te woon as spesiale ontmoeting tussen die gemeente en God.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels.


Julle kan weer na die teksgedeelte (Hand. 2:43-47) kyk en dan die volgende vrae gebruik om te gesels (ouers deel gerus ook uit jou eie lewe):

  • Wat was vir jou nuut?

  • Wat dink jy is die gevolge daarvan wanneer jy op jou eie probeer glo?

  • Kom ons bid saam die Onse Vader.


Komende Sondag:

Twee byeenkomste:

10:00 - 11:00 (Direk na die oggenddiens – Koshuis kinders.)

18:30 – 20:00 (Ons nooi julle om saam met julle tieners om 18:30 die aanddiens by te woon. Die tieners sal dan na die lofprysing en die preek uitgaan na hulle groepe, waar hulle tot ongeveer 20:00 sal gesels “wat is in jou hand?”


Shalom

Christi Thirion

Leraar

Tel: 021 913 4206 (x125)

Sel: 082 728 9762



12 views

Recent Posts

See All
bottom of page