top of page

#kenridgetieners Verwelkomingsbrief 2022




Liewe ouers,


Baie seën en voorspoed vir 2022. Mag Jesus se lig vir ons die pad deur die jaar duidelik uitwys.



Ons skop die komende Sondag, 23 Januarie, weer af met #kenridgetieners. Vir hierdie komende Sondag wil ek julle as ouers egter ook nooi om asseblief saam met julle kind die afskop byeenkoms by te woon. Daar is twee redes hiervoor:

  1. Ons wil seker maak dat ons julle belangrike inligting het, sodat ons deur die jaar maklik met julle kan kommunikeer. Intussen kan julle ook gerus die gemeente se WhatsApp nommer op julle fone stoor - 076 492 0008 – en ʼn boodskap met jou naam en van na die nommer toe stuur, sodat ons vir julle die nuutste inligting kan stuur.

  2. Ons wil baie graag vir julle ʼn voëlvlug verduideliking gee van hoe dinge gaan werk hierdie jaar, sodat julle weet waarmee ons besig is by die gemeente met die kinders, wat die doelwitte daarmee is en hoe ons julle hande wil vat in die geloofsvorming van julle kinders.



Ons is ook baie bewus van ʼn groot hoeveelheid van ons jongmense wat in Boland skole se koshuise is, vir wie hierdie tyd ʼn uitdaging is. Ons wil ook ten minste met julle as ouers oor ʼn paar opsies gesels vir die bediening van hierdie jongmense en dit sal daarom ook belangrik wees dat julle Sondag se byeenkoms bywoon.



Tye vir die byeenkomste is soos volg:

  • Graad 6-7 – 10:00 in die Grootsaal

  • Graad 8-10 - 18:00 in die Grootsaal

  • Belydenisklas – 18:00 in die Grootsaal



Hierdie jaar fokus ons in die gemeente op aanbidding – een van ons gemeente se strategiese fokusse – en dan ook die oorkoepelende tema vir die jaar. Ons moedig julle aan om as huishouding op Sondae een van die 09:00 dienste (Familiediens in die Grootsaal of die oggenddiens in die kerk) by te woon om as huishouding saam met die huishouding van God te deel in die gemeenskaplike aanbidding. Die Here belowe dat die Heilige Gees op ʼn besondere manier teenwoordig is wanneer mense so saam aanbid en ek glo dat dit een van die mees vormende dinge in jongmense se geloof kan wees.



Ek sien baie uit na die geloofsreis vir die nuwe jaar.



Shalom

Christi Thirion

45 views

Recent Posts

See All
bottom of page