top of page

Kinderbediening (3jr – Gr 5) 2022


Liewe ouers,



Kinderbediening 2022


Ons wil baie graag ‘n spesiale én eiesoortige kinderbediening vir ons gemeente bied - ‘n bediening waar ons kinders kan tuis voel na al die aanpassings van die afgelope 2 jaar. In die tyd het ons saam ‘n paar nuwe dinge ontdek wat ons ook opgewonde maak, soos die familiediens wat ‘n heerlike informele spasie is waar ouers saam met hul kinders bedien kan word. Maar ons besef ook die waarde wat daar in kleuter- en kinderkerk is, waar kinders saam met maats van hul eie ouderdom die Bybel kan ontdek... So vir 2022 wil ons hierdie twee dinge kombineer!


Dit beteken dat ons eenkeer per maand ‘n familiediens sal hê in die grootsaal (ons sal hierdie datums aan almal kommunikeer) en die res van die maand sal daar kleuter- en kinderkerk wees.


Vir die volgende paar Sondae sal daar nog ‘n familiediens in die grootsaal wees om 09:00. En dan vanaf Sondag, 13 Februarie skop ons af met die kleuter- en kinderkerk soos volg:


  • 3jr – Gr R – kinderkerk in die kleinsaal (09:00–10:00)

  • Gr 1-3 – grootsaal vir volle tyd (09:00-10:00)

  • Gr 4-5 – grootsaal vir lofprysing en aanbidding en dan gaan hul saam met kleingroepleiers na die jeug- en langsaal (09:00-10:00)



***BAIE BELANGRIK: Die Graad 4-5’s gaan vanjaar met ‘n handboek/stickers en speelkaarte werk, tydens hulle kleingroepe. Hierdie handboek kan gekoop word by Kerkkantoor deur die week (09:00-13:00) of Sondae na die erediens (10:00). Koste is R100 per boek.


Vrywilligers 2022


Om van die Kinderbediening ‘n sukses te maak benodig ons vrywilligers! Ons nooi volwassenes en jongmense om aan te meld as vrywilligers. Dit sluit in:


• Kleuterkerk aanbieders (3jr – Gr R)

• Groepleiers vir kleingroepe by die kinders

• Helpers wat kan help om die hulpmiddels voor te berei

• Mense wat ons kan help met spesiale geleenthede (soos Pinkster)


Ons help met die voorbereiding en gee les materiaal.


Kommunikasie


Ons wil seker maak dat jy belangrike inligting ontvang en wil jou aanmoedig om die gemeente se WhatsApp nommer op jou foon te stoor - 076 492 0008 – en ʼn boodskap met jou naam, van en kind(ers) se graad of ouderdom na die nommer te stuur, sodat ons jou deel kan maak van die Kinderbediening se broadcast groep.




Indien daar enige vrae is skakel asb vir my of die kerkkantoor.




Ons is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en om saam met jou en jou kind(ers) die pad te stap.




Groete


Susan Johnston

28 views

Recent Posts

See All
bottom of page