top of page
Nuutste nuus
Search


Soos 'n Welwitschia in die woestyn
"My liewe vriende, julle is slegs besoekers in hierdie wêreld. Eintlik kuier julle net 'n rukkie hier." - 1 Petrus 2:11 (Die Boodskap) Toe ek die eerste keer 'n Welwitschia in die Namib gesien het, het ek gedink: wat is dit? Dis beslis nie 'n mooi plant nie. Dit lyk meer na 'n hoop deurmekaar, geskeurde blare wat op ‘n klip lê. En dit lyk half dood. En toe hoor ek daardie plant is al meer as 800 jaar oud! Dit het dus al op daardie klip gelê toe die Kruistogte in Europa gevo
bestuurder5
3 days ago3 min read


Water en spons
Toe ek klein was, kon ek myself baie vermaak met 'n spons en water. Die manier hoe 'n spons water kan opsuig en hou en laat uitloop kon my klein-seuntjie-brein lank besig hou. Later was dit ook die bron van my eerste filosofiese denke - die spons is in die water en die water is in die spons – twee waarhede op een slag! Toe ek as volwassene in Dallas Willard se boek The Divine Conspiracy lees van "a God bathed world" toe spring my gedagtes dadelik weer na die prentjie van die
bestuurder5
Sep 102 min read


Die storie het nog altyd na Jesus gewys
“Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete af te skaf nie. Ek het nie gekom om af te skaf nie, maar om te vervul.” - Matteus 5:17 Wanneer ons die Bybel lees, kan dit maklik voel asof die Ou en Nuwe Testament twee los stories is. Maar Jesus sien dit anders. Vir Hom is die Ou Testament ’n storie wat van die begin af na Hom toe beweeg het. Die wet, die offers, die priesters, die tempel, die konings en die profete was nie los dele nie. Dit was alles deel van God se g
bestuurder5
Sep 23 min read


Kragtig genoeg vir wat ook al kom
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” - Filippense 4:13 Dit is seker een van die bekendste verse in die Bybel. Ons sien dit op koffiebekers, sporthemde en motiveringsplakkate. ’n Atleet haal dit aan voor ’n groot wedstryd. ’n Student skryf dit bo-aan sy notas voor ’n eksamen. Iemand wat ’n groot droom najaag, gebruik dit as bemoediging: Met Christus aan my kant kan ek enigiets regkry. Maar dit is nie heeltemal wat Paulus bedoel het nie. Paulus skryf hierdie woo
bestuurder5
Aug 272 min read


Diens en gebed hoort saam
Die ou kerkvader van Kartago in vandag se Tunisië, Tertullianus het in die 2de eeu na Christus al gesê: “Die Onse Vader-gebed is ‘n kort gebed. Maar hoe meer beknop die bewoording is, hoe wyer is die betekenis. Die Onse Vader vervul nie net die eerste funksie van die gebed, naamlik: die verering van God nie maar ook die grootste funksie van die gebed: dit omvat die hele Woord van die Here en gee ‘n volledige oorsig van sy volle leer. Ja, binne die bedes van die Ons Vader-gebe
bestuurder5
Aug 202 min read


Die ander kant van die munt
Die idioom “die anderkant van die munt” beteken twee dinge wat op die oog af min met mekaar te doen het, of teenoorgesteldes is maar eintlik ten diepste aan mekaar verbind is of aan mekaar gekoppel is. Die geestelike dissiplines funksioneer so aan twee kante van dieselfde munt. Aan die een kant kry ons die dissiplines wat baie geestelik is of die wat na binne gerig is en ons selfs wil laat stop en tot rus kom. Aan die ander kant kry ons weer dissiplines wat jou oproep tot aks
bestuurder5
Aug 142 min read


Gestuurdheid: Die rede vir ons bestaan
Baie welkom by die derde kwartaal in Kenridge gemeente. Oudergewoonte vier ons gedurende hierdie tyd ons gemeente se gestuurdheid en ons noem dit: Uitreikkwartaal. Die fokus val op al die verskeie uitreikaksies waarby ons, as gemeente, betrokke is. Ons vier hul suksesse, ons wonder saam oor hul uitdagings en ons word opnuut geïnspireer om ’n verskil te maak in ons omgewing, in ons stad en in ons land. En ons herinner onsself weer daaraan dat 'n gemeente wat nie gestuurd lewe
bestuurder5
Jul 312 min read


'n Liefde so breed soos die wydste genade
Die kerk vier al baie lank Drie-Eenheidsondag op die eerste Sondag na Pinkster. Die kerk en gelowiges probeer al vir eeue lank die Drie-Eenheid van die Here verstaan en dit verwoord. Niemand het genoeg begrip of genoeg woorde om dit volledig te verstaan of te verwoord nie. God is te groot en te onbegryplik in sy liefde en sy wese. Die geloofsbelydenis van Athanasius stam waarskynlik uit die jare 500nC uit Spanje of Suid-Frankryk uit. Sover bekend, is dit in die 13de eeu m
bestuurder5
May 282 min read


Vergifnis
Matteus 18:21–35 openbaar nie net ’n les oor menslike vergifnis nie; dit openbaar die hart van God en die aard van die Evangelie. Wanneer Petrus vir Jesus vra: “Hoeveel keer moet ek vergewe?” dink hy nog in terme van perke, verdienste en menslike regverdigheid. Maar Jesus antwoord hom op ’n manier wat die hele logika van genade omkeer: “Nie sewe keer nie, maar sewentig maal sewe.” Jesus skuif die gesprek weg van wiskunde na aanbidding. Vergifnis in die Koninkryk van God is ni
bestuurder5
May 83 min read


Volharding in die regte wêreld
Ons lewe vêr van Jesus af. Dink daaraan dat die Paasfees wat ons paar weke terug gevier het, waar Jesus self aan die kruis gesterf het en opgestaan het uit die dood, baie vêr terug in ons geskiedenis was. Dit was ʼn heel ander wêreld, met ʼn ander kultuur, met ander gebruike en ander eise. En soms hanteer ons ook die boodskap daarvan bietjie vreemd. Jesus het gesterf en my verlos van my sonde in die verlede, sodat ek eendag hemel toe kan gaan – kategorieë wat vêr van my lewe in
bestuurder5
Apr 233 min read


Om 'n pad te vind deur disinformasie
Het jy al ooit ’n aktuele saak met iemand probeer bespreek en dan ervaar dat daardie persoon in ’n alternatiewe realiteit leef en oor totaal ander feite as jy beskik? Ek is seker die meeste van ons het ten minste één so ’n familielid! Sedert die internet en sosiale media deel geword het van ons alledaagse lewe het mense die geneigdheid ontwikkel om inligting in te win volgens hul individuele voorkeure. Dit het die gevolg dat nuus en inligting deesdae eerder gebruik word om on
bestuurder5
Apr 153 min read


Job en Jesus
Jesus en Job se verhale wys twee van die baie kante van lyding. Albei is kosbare voorbeelde en lewensgetrou. Jesus bly altyd ons hoogste Voorbeeld en ons enigste Verlosser. Job was ’n gewone mens wat alles verloor het. Hy het nie probeer voorgee dat alles reg is nie. Hy het gevra, gekla, geredeneer, geworstel en gely. Partykeer was hy kwaad, ander kere moedeloos. Wat belangrik is, is dat hy nie sy pyn weggesteek het nie. Hy het dit, in sy seer, voor God gebring en voor sy
bestuurder5
Apr 102 min read


Die Koning wat anders kom
Johannes 12 neem ons na ’n toneel vol beweging, energie en verwagting. ’n Groot skare stroom na Jerusalem vir die Paasfees. Wanneer hulle hoor dat Jesus op pad is, neem hulle palmtakke en gaan Hom tegemoet. Hulle roep uit: “Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel!” Op die oppervlak lyk dit soos ’n triomfantelike oomblik. Die skare erken Jesus as Koning. Hulle haal uit Psalm 118 aan en verwelkom Hom met lof. Maar Johannes help ons om diep
bestuurder5
Mar 272 min read


Dis oorlog
“We live in a love story in the midst of war” skryf John Eldredge in sy boek, The Sacred Romance. Hy verduidelik dan op grond van die Apostel Johannes se Openbaring (Op. 12:1-5, 7-8, 17) dat Jesus se geboorte ʼn inval was om die skepping te verlos van die Bose wat alles in sy greep het. Eldredge skryf dan in sy boek, Waking the Dead, “Until we come to terms with war as the context of our days we will not understand life.” En dan later brei hy dit uit deur te sê: “You have an
bestuurder5
Mar 133 min read


Aangename kennis. Dit is Ek.
Ek is nou in my middel-40’s. In die populêre sielkunde word dit beskryf as die half-tyd fase van die lewe. Die meeste mense in hierdie fase van die lewe neem bestek van waar hulle is en die pad wat tot hier gelei het. Richard Rohr verduidelik dat ons meestal eers bestekopname neem wanneer ons in hierdie tyd deur een of ander krisis tot stilstand geruk word, soos ʼn lewensbedreigende siekte, of verhoudings wat tot ʼn einde kom of verlies of enige van ʼn reeks ander krisisse. Ons
bestuurder5
Mar 63 min read


Stil plekke
Om jouself af te sonder beteken nie om van mense af weg te hardloop nie. Dit beteken dat jy doelbewus na die Here wil luister en by Hom tot rus wil kom. In die Bybel sien ons dat afsondering oor oorgawe en roeping gaan. Om anders te leef omdat jy aan die Here behoort. Ons sien hierdie beginsel duidelik in die lewe van Jesus Christus. Hy het tussen mense geleef, saam met hulle geëet en gewerk, maar tog was Hy innerlik en uiterlik voltyds besig met die wil van Sy Vader. Geree
bestuurder5
Feb 242 min read


My God, My God – Matt 27:45–46, 50
Matteus 27 neem ons na die donkerste uur in die evangelieverhaal. Van twaalfuur tot drieuur kom daar duisternis oor die land. Teen drieuur roep Jesus met ’n harde stem: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” Hierdie woorde is nie ’n toevallige uitroep van wanhoop nie. Jesus haal doelbewus Psalm 22 aan. In die Joodse tradisie was dit gebruiklik om die eerste reël van ’n bekende Skrifgedeelte aan te haal om die hele teks in herinnering te roep. Hierdie praktyk, bekend as re
bestuurder5
Feb 192 min read


Lees die Bybel biddend
Om die Bybel biddend te lees en daardeur verander te word, is gelowiges se antwoord op God se Woord. Nadat God met ons gepraat het deur die Skrif, praat ons met Hom terug in gebed en oorgawe. Gebed en geloof is gelowiges se reaksie op God se aksie. Biddende Bybellees is nooit daarop gerig om God se wil te verander of by ons planne te laat inval nie. Dit is daarop gemik om ons harte en ons denke met sy wil te belyn. Dit is waarom ons bid: ‘laat u naam geheilig word, laat u k
bestuurder5
Feb 122 min read


Nuwe intrekker
Ons is nog taamlik vroeg in die jaar, so jy kan waarskynlik aan ‘n paar mense dink wat nou nuut in die omgewing ingetrek het. Miskien het jy kennis gemaak met iemand nuut in die buurt, of daar is nuus van ‘n nuwe maatjie in die skool. Dalk is jy die een wat nog bietjie vreemd voel omdat jy nog leer waar alles is, hoe die paaie werk of dalk nog met iets anders as ‘n CY-nommerplaat rondry. Hulle sal hulself dalk nog identifiseer as ‘n Pretorianer of Bloemfonteiner of Durbaniet
bestuurder5
Feb 53 min read


Is lees van jou Bybel regtig nodig?
Die stigter van Kenridge Gemeente het dikwels in die jare wat ons kollegas was, vir my gevra: “Wat lees jy op die oomblik, behalwe jou Bybel?” Daarmee het hy nie bedoel watter fiksieverhale of vermaakliteratuur nie, maar watter teologiese boeke of artikels en joernale wat jou kennis van die Godsleer verbreed en verdiep. Nico was ‘n passievolle leser, ‘n leergierige predikant en teoloog, en daarom was gesprekke met hom altyd interessant en insiggewend. Sy eksegese van ‘n teksg
bestuurder5
Jan 302 min read
bottom of page
