top of page

Kinderbediening (3jr - Gr 5) Ouerbrief 14/02/2022


Kleuterbediening Ouerbrief (3jr – Gr R)


Goeiedag kleuterkerk ouers,


Dit was so wonderlik om gister weer te kon begin met die kleuterkerk en om so baie maatjies te sien! Ons het afgeskop met die storie van Jesus wat vir honderde mense kos gegee met net 2 vissie en 5 broodjies. Jesus kan ‘n bietjie vat en baie daarvan maak (volgens Johannes 6: 1-15). Lees gerus hierdie week weer die storie saam met jou kleuter en gesels saam oor hoe Jesus bietjie kan vat en baie daarvan maak.


Ek wil ook vir julle, as ouers, vra om asseblief geduldig te wees met ons as kleuterkerk. Almal wat daar werk is vrywilligers wat hul tyd kom aanbied om te kom bedien.

Ons moet ongelukkig nog steeds hou by die regulasies van slegs 50% kapasiteit en kan daarom net 40 kleuters per oggend akkommodeer. Baie kleuters wil nie bly sonder hul ouers nie en ouers moet dan insit tydens die les en dan kan ons nie meer kinders akkommodeer nie. As jy een Sondag daar kom en daar word gesê dis vol, verstaan asb! Hier by Kenridge gemeente is kinders welkom in die erediens of anders kan julle gebruik maak van die vistenk of Noag se ark.



Kinderkerk (Gr 1 -3)


Goeiedag ouers


Dit was so wonderlik om gister weer te kon begin met die kinderkerk en om so baie maats te sien! Ons het afgeskop deur saam te kyk na die tydlyn van die Bybel. Dit beteken ons het vinnig deur die Bybel gestap en vir mekaar gesê, “Kyk God is altyd in elke deel van die storie, want God is lief vir mense!” Ons kan sê die Bybel is ‘n verhaal van God wat lief is vir sy mense.


Ons het ook vir mekaar gevra wat is jou gunsteling Bybel storie. Julle kan die week, as gesin, saam gesels en met mekaar deel wat is julle gunsteling Bybelverhale, lees ook sommer die stories vir mekaar.


Ons het ook vir mekaar gesê God se storie met die mens gaan aan, en ons is deel daarvan as kinders van God.


Ons is nog opsoek na leiers vir ons graad 1 tot 3. Die lesse word vooraf verskaf en diensbeurte is op ‘n aflos basis. Al wat ons van jou vra is om lief te wees vir ons kinders en jou liefde vir God te kom uitleef deur te kom bedien.



Kinderkerk (Gr 4&5)


Goeiedag ouers


Dit was so wonderlik om gister weer te kon begin met die kinderkerk en om so baie maats te sien! Die Graad 4 & 5’s het begin in die grootsaal met lofprysing saam met die Graad 1-3’s en het daarna na hulle kleingroepe beweeg in die Jeug-en Langsaal.


In hul groepe het hulle ‘n kenmekaar gehou en gekyk hoe hulle hulle nuwe handboek gaan gebruik. Ons het die “Tydlyn van Israel” behandel (bladsy 9 & 10). Blaai gerus hierdie week saam met jou kind deur die boek en doen saam die “Gesinstyd” aktiwiteit op bladsy 10.

Die boek en speelkaarte moet asb weekliks saamkom kerk toe. As julle ‘n Sondag kerk mis kan julle by bly met waar ons in die boek is, kyk net uit vir die weeklikse epos. Daar is nog handboeke beskikbaar by die kerkkantoor teen @ R100.


Ten laaste: Ons soek nog ‘n paar ouers om betrokke te raak by ons Graad 4’s. Die lesse word vooraf verskaf en diensbeurte is op ‘n aflos basis. Al wat ons van jou vra is om lief te wees vir ons kinders en jou liefde vir God te kom uitleef deur te kom bedien.


Groete


Susan Johnston

Kinderwerker

021 913 4206 (kantoor)

084 447 6149

12 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page