top of page

Kinderbediening ouerbrief (3jr – Gr 5) – 13/06/2022


Goeiedag ouers,


Kleuterbediening Ouerbrief (3jr – Gr R)

Die kleuters het gister die Bybelverhaal gehoor van die pratende donkie. Hierdie storie kry ons in die Ou Testament in Numeri 22. Lees die storie in die Bybel of kyk na die storie op YouTube – kliek hier (kleutervriendelik)


Kleuter- en kinderkerk het nou afgesluit vir die kwartaal. Ons skop die derde kwartaal af met ‘n Familiediens, Sondag, 24 Julie. Ek wil julle wel aanmoedig om as gesin ons eredienste by te woon, almal is welkom!


Kinderkerk Ouerbrief (Gr 1 -5)


Die kinders het gister gehoor van Salomo, wat by sy pa, Dawid, oorgeneem het as Koning van Israel. God het aan Salomo verskyn in ‘n droom en vir hom gesê hy kan vra vir enige iets van die Here af en God sal dit vir hom gee. Salomo het hieroor gesink en gevra vir wysheid.


Salomo het deur sy lewe bekend geword as iemand wat baie slim besluite kon neem. Ons as kinders van God kan ook vir God vra om vir wysheid te gee sodat ons ook slim keuses in die lewe kan maak.


Spreuke 3:13 “Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer wins in as silwer en lewer ‘n groter opbrengs as goud.”


Doen saam: Doen saam ‘n Google soek om te sien hoeveel verse daar in die Bybel is oor wysheid. Gesels ook saam oor hoe God se wysheid sal lyk in ons lewens.


Kleuter- en kinderkerk het nou afgesluit vir die kwartaal. Ons skop die derde kwartaal af met ‘n Familiediens, Sondag, 24 Julie. Ek wil julle wel aanmoedig om as gesin ons eredienste by te woon, dis vir ons belangrik dat almal welkom en ingesluit voel!


Lekker vakansie hou


Groete

Susan Johnston

18 views

Recent Posts

See All
bottom of page