top of page

Kinderbediening ouerbrief (3jr – Gr 5) – 16/05/2022

Goeiedag ouers,

Kleuterbediening Ouerbrief (3jr – Gr R)

Ons kleuterkerk-maats het gister die storie gehoor van God, wat vir die volk Israel, voorsien van kos deur manna en kwartels elke oggend te stuur. Die storie vorm deel van die verhaal van Moses en die Israeliete wat op pad was na die beloofde land. Julle kan as gesin weer die storie kyk – kliek hier.

Ons is BAIE opgewonde om weer die jaar Kinderpinkster te kan hou. Ons nooi alle maats van Graad R tot Graad 5 om saam te kom kuier – Sondag, 29 Mei @ 18:30 en Maandag, 30 Mei – Woensdag, 1 Junie @ 19:00, in die Grootsaal.

Om ‘n sukses van die reeks te maak het ek asb ouers nodig wat my kan help met toesig en hulp met die speletjies. Kontak my sommer direk by susanj@ngkenridge.co.za

Kinderkerk (Gr 1 -3)

By die kinderkerk het die kinders gehoor van Absalom, hy was een van Koning Dawid se seuns. Absalom se verhaal is in 2 Samuel 13 tot 18. Ons lees dat Absalom nie altyd saam gestem het met sy pa nie en selfs in opstand teen Dawid kom en sy kroon en troon afvat het. Julle kan gerus as gesin die verhaal saam kyk – kliek hier.

Dawid wou nooit gehad het dat sy seun moes seerkry nie en die dood van Absalom was vir Dawid baie erg. Dit het ons laat dink aan God se liefde vir sy kinders. God is ‘n liefdevol vader.

Kinderkerk (Gr 4&5)

In die kinders se werksboeke is dit op bladsy 19. Julle kan hierdie gedeelte saamdoen as huisgodsdiens en ook op die tydlyn agter in die boek kyk waar in die Bybel gebeur hierdie storie.

Ons is BAIE opgewonde om weer die jaar Kinderpinkster te kan hou. Ons nooi alle maats van Graad R tot Graad 5 om saam te kom kuier – Sondag, 29 Mei @ 18:30 en Maandag, 30 Mei – Woensdag, 1 Junie @ 19:00, in die Grootsaal.

Om ‘n sukses van die reeks te maak het ek asb ouers nodig wat my kan help met toesig en hulp met die speletjies. Kontak my sommer direk by susanj@ngkenridge.co.za

Groete

Susan Johnston

1 view

Recent Posts

See All
bottom of page