top of page

Kinderbediening ouerbrief (3jr - Gr 5) - 19/09/2022


ree

Goeiedag Ouers


Kleuterkerk (3 jr - Gr R)


Ons het gister by die kleuterkerk die storie van die 10 plae gehoor. Hulle het sommer lekker gesels en beleef hoe grillerig al die plae was. Julle kan weer saam die storie in die Bybel lees (in Eksodus 11-14) of dit saam op YouTube kyk: https://youtu.be/WoeNT4mhJr8 hierdie week.


Ons het geleer dat God die onmoontlike, moontlik maak.


Ons sien mekaar weer komende Sondag, om na die res van Moses se storie - die uittog uit Egipte, te luister.


Geniet die week saam met julle kleuters.


Kinderbediening (Gr 1 - 5)


Ons het gister die storie van Elisa en die weduwee gedoen. God doen wonderwerke deur sy profeet Elisa. Een so wonderwerk was vir ‘n weduwee wat in nood was en hulp kom vra het by God. Ons het verduidelik dat in die Ou Testament mense nog nie self met God kon praat nie, maar moes deur God se profeet met Hom praat. Hierdie storie kry ons in 2 Konings 4. Lees weer hierdie week saam met jou kinders die verhaal.


NB: Ons by die kinderkerk wil vir ons Kerssang diens ‘n koerantjie uitgee met onthou stories van ons gemeente mense in. Storie wat vertel hoe God vir jou/julle gesorg het. Dalk was daar ‘n tyd in die afgelope 2 of 3 jaar waar jy iets beleef het van God se goedheid en guns… en wat jy soos Moses kan sê… Onthou jy die keer toe God…. Ek soek daai storie… skryf die vir my neer en stuur dit vir my per epos.


Geniet die week saam met julle kinders.


Groete


Susan Johnston

Kinderwerker

Comments


bottom of page