top of page

Kinderbediening ouerbrief (3jr – Gr 5) – 22/08/2022


ree

Goeiedag ouers,


Kleuterbediening Ouerbrief (3jr – Gr R)


Die kleuterkerk het gister gesels oor die storie van Josef. Hierdie storie kry ons in Genesis 37. Die hooftema van die oggend was om vir die kinders te herinner dat God altyd by ons is.


Lees die storie saam met jou kind(ers) uit die kinderbybel of kyk op YouTube: https://youtu.be/VnlqKPIZQzI


Herinner dan jou kind(ers) daaraan dat Josef se storie nie hier ophou nie, en as ons verder lees of kyk in die Bybel dan sien ons dat God saam met Josef Egipte toe gegaan het. Hy het hom gebruik om ander mense te help en selfs ook sy eie familie te red van hongersnood. Hierdie stories kry ons in Genesis 39-42. https://youtu.be/0SCAXrEmRRA



Ek hoop julle het ‘n lekker week saam met julle kleuters en dan sien ons julle Sondag.


Kinderkerk Ouerbrief (Gr 1 -5)


Ons het gister by die kinderkerk gekyk na die storie van Koning Josafat. Ons kry sy storie in 2 Kronieke 20: 1-30. Dis ‘n baie besondere storie van hoe ‘n leier sy vertroue in God plaas. Hy vra saam met die hele volk na God se hulp en toe God hulle help en red, loof en prys die hele volk God. Julle kan as gesin weer saam die storie lees in die Bybel of kyk op YouTube: https://youtu.be/R-mOjdmBR8A


Vra dan vir mekaar die volgende vrae:

  • Wat kan ek leer uit die storie van koning Josafat?

  • Wat leer ek van God uit hierdie verhaal?

Gesels ook verder oor die gebed en hoe belangrik dit is om met God oor alles te gesels. Die lekker goed in ons lewens, maar ook die goed wat ons bekommerd maak. God wil daar wees vir jou in alle omstandighede.


Vers vir die week: 2 Kronieke 20:9b “Ons sal bid en vra dat U ons moet help, en U sal hoor, U sal ons red.”


Geniet die week saam met julle kinders en dan sien ons julle weer komende Sondag.


Groete

Susan Johnston


Comments


bottom of page