top of page

Kinderbediening ouerbrief (3jr – Gr 5) – 23/05/2022


ree

Goeiedag ouers,


Kinderpinkster 2022

Ons is BAIE opgewonde om weer die jaar Kinderpinkster te kan hou. Ons nooi alle maats van Graad R tot Graad 5 om saam te kom kuier in die Grootsaal: Sondag, 29 Mei @ 18:30 & Maandag, 30 Mei – Woensdag, 1 Junie @ 19:00.

Om ‘n sukses van die reeks te maak het ons asb ouers nodig wat kan help met toesig en hulp met die speletjies. Kontak my by susanj@ngkenridge.co.za indien jy kan help.


Tydens die Kinderpinkster gaan ons geld insamel vir Badisa. Dis kinderbeskermings week is van 29 Mei tot 4 Junie, en ons moedig die kinders aan om R5/R10 saam te bring elke aand om ‘n plakker te koop. Badisa sal ook komende Sondag by die kinderkerk kom inloer en ‘n tafel hê vir die verkoop van hul poppie projek. Kom loer asb na die diens.



Kleuterbediening Ouerbrief (3jr – Gr R)


Ons het gister by die kleuterkerk die verhaal van Jesus, wat die goeie Herder is, met die kinders gedoen. Hierdie vertelling kry ons in Lukas 15: 1-7. Lees weer die verhaal saam met jou kinders of kyk saam na die verhaal – kliek hier.


Gesels saam: Hierdie storie vertel vir ons dat God baie lief is vir ons en dat Hy vir ons sorg soos ‘n goeie herder vir al sy skape sorg.



Kinderkerk (Gr 1 -3)


Ons het gister in die kinderkerk gesels oor die lewe van Dawid. Ons het so oorsigtelik gekyk na wat hy gedoen het: Hy was ‘n skaapwagter, ‘n musikant, toe ‘n soldaat en toe ‘n koning en deur dit alles ‘n kind van God, wat soms ook groot foute gemaak het. Dawid was ook die skrywer van die Psalms. Ons fokus op Psalm 51: 1-10. Lees saam met jou kind/kinders en gesels saam oor wat die Psalm vir my en jou vir sê.



Kinderkerk (Gr 4&5)


Ons het gister die storie van Dawid en Batseba behandel saam met die graad 4’s en 5’s. Ons fokus was meer op Dawid, sy lewe en verhouding met God. Dawid het, as kind van God, ook soms groot foute gemaak het, maar hy het na God gegaan het en vergifnis ontvang het. Ons het ook vir mekaar vertel dat Dawid die skrywer van die Psalms was. Ons fokus dan op Psalm 51: 1-10, wat pas by die storie van Dawid en Batseba. Lees saam met jou kind/kinders en gesels oor wat die Psalm vir my en jou vir sê.



Groete

Susan Johnston

Comments


bottom of page