top of page

Kinderbediening ouerbrief (3jr – Gr 5) – 25/04/2022

Goeiedag ouers,

Neem asb. kennis: Daar sal GEEN Kinderkerk wees vlge naweek (1 Mei) a.g.v. die langnaweek. Sondag (8 Mei) is ‘n familiediens in die Grootsaal. Dit beteken dat daar GEEN Kinderkerk sal wees nie. Die familiediens is ‘n fantastiese geleentheid vir families om saam bedien te word, so kom en geniet die samesyn in die Grootsaal.

Kleuterbediening Ouerbrief (3jr – Gr R)

Gister het ons kleuters geleer hoe God die wêreld geskep het.

Lees gerus die week saam met julle kleuter in sy/haar kinderbybel die skeppingsverhaal of kyk na hierdie video: https://youtu.be/MAYULgEElpg

Julle kan deur die week vir die kinders vra om uit te kyk vir dinge wat God gemaak het en dan kan julle vir God in gebed dankie sê daarvoor.

Kinderkerk (Gr 1 -3)

Ons het gister by die kinderkerk gesels oor nog een van die leiers in die Ou testament - Eli, die Hoë Priester, en sy twee seuns. Hierdie storie is in 1 Sameul 2-4.

Eli se seuns het ook in God se tabernakel gewerk en was deel van die Priesters wat die offers wat die volk Israel vir God gebring het moes inneem en dit dan offer tot God. Maar ons lees dat hulle elke keer eers die beste deel van die vleis / groente / vrugte vir hulself uitgesoek het om self te eet. Dit het die volk van God baie kwaad gemaak en hulle wou nie meer offers bring na tabernakel nie. Dit het ook vir God baie hartseer gemaak.

Hierdie video wys hierdie gedeelte van die storie https://youtu.be/9b-LzU-X5sw

Lees dan saam met jou kinders verder uit 1 Sameul 4 wat gebeur met Eli se twee seuns.

Ons memoriseervers vir die week is:

Spreuke 14: 34 “Gehoorsaamheid aan God, maak ‘n volk sterk en sonde bring skade aan ‘n volk.”

Sit nou die woord gesin of familie in die plek van volk. Vra dan vir mekaar of hierdie vers vir ons as gesin iets beteken.

Kinderkerk (Gr 4&5)

Groete

Susan Johnston

18 views

Recent Posts

See All
bottom of page