top of page

Kinderbediening ouerbrief (3jr–Gr 5) – 28/02/2022

Goeiedag ouers,

Neem asb. kennis: Komende Sondag (6 Maart) is ‘n familiediens in die Grootsaal. Dit beteken dat daar GEEN Kinderkerk sal wees nie. Die familiediens is ‘n fantastiese geleentheid vir families om saam bedien te word, so kom en geniet die samesyn in die Grootsaal.

Kleuterbediening Ouerbrief (3jr – Gr R)

Ons het gister na die storie van die verlamde man en sy vriende geluister by die kleuterkerk. Hierdie storie kry ons in Markus 2:1-12. Lees hierdie week weer saam met julle kinders die storie uit ‘n KinderBybel of kyk na die storie op YouTube (https://youtu.be/8cmppSIQUX4 )

In die Bybelverhaal sien ons dat die verlamde man se vriende geglo het Jesus kan hulle vriend gesond maak, en hulle doen baie moeite om hul vriend by Jesus te kry.

Gesels saam:

  • Sal jy ook dit vir jou maats doen?

  • Ek wonder hoe het die man gevoel toe hy ewe skielik kan loop?

Kinderkerk (Gr 1 -3)

Ons het gister, by die kinderkerk, na die storie van Bileam en sy donkie geluister. Ons kry die storie in Numeri 22. Lees hierdie week weer saam met julle kinders die storie uit die Bybel of kyk na die storie op YouTube (https://youtu.be/KG-tagFzr0k). Die link vertel die verhaal op ‘n verstaanbare manier, want dit is een van die moeiliker verhale in die Bybel J

Ons het vir mekaar vertel dat Bileam vir God daardie dag ontmoet het en dat God nou vir Bileam gebruik om seën uit te spreek oor Israel. Ons kan hom nou as een van God se profete sien. Bileam se lewe sou nooit weer dieselfde wees nie.

Kinderkerk (Gr 4&5)

Julle kan saam weer Bileam se verhaal lees op bladsy 13 in die handboek en dan die gesinstyd aktiwiteit op bladsy 14 doen. Laat jou kind jou ook wys waar Bileam se verhaal in die tydlyn inpas agter in die boek.

Groete

Susan Johnston

Kinderwerker

021 913 4206 (kantoor)

084 447 6149

16 views

Recent Posts

See All
bottom of page