Kinderbediening ouerbrief (3jr – Gr 5) – 29/08/2022
- Kenridge Gemeente

- Aug 29, 2022
- 3 min read

Goeiedag ouers,
Kleuterbediening Ouerbrief (3jr – Gr R)
Ons het gister, met die kleuters, die storie van “Moses in die mandjie” behandel. Ons kry die storie in Eksodus 2 en dit volg die lyn vanaf Josef wat in Egipte gaan woon het.
Lees saam met jou kind die storie die week of kyk die storie saam deur die volgende skakel te volg: https://youtu.be/hI9rDikU-FM
In die storie hoor ons dat God ‘n plan gehad het met Moses se lewe en vir hom en die volk Israel sou sorg. Gesels met jou kind hieroor. Herinner jou kind dat God ook vir ons sorg. Dink saam aan maniere waarop God vandag vir ons sorg.
Neem kennis:Sondag (4 September) is ‘n familiediens in die Grootsaal. Dit beteken dat daar GEEN Kinderkerk sal wees nie. Die familiediens is ‘n fantastiese geleentheid vir families om saam bedien te word, so kom en geniet die samesyn in die Grootsaal.
Geniet die week saam met jou kind/kinders.
Kinderkerk Ouerbrief (Gr 1 -5)
Ons het die afgelope paar weke gesels oor die baie konings van Israel. Party van hulle was goeie konings, wat lief was vir God en hul mense, maar daar was ook baie wat regtig nie eers vir God geken het nie.
Een so ‘n koning was koning Agab en ons het gister na een van sy verhale gekyk. Ons kry dit in 1 Konings 20. Hierdie is ‘n baie onbekende storie vir meeste van ons, maar ons kan wel baie kry uit die verhaal. Hier is ‘n kort opsomming:
Koning Agab was die Koning van God se volk die Israeliete, maar hy was nie ‘n man wat gehoorsaam was aan God nie. Maar God is die God van Israel, die hele Israel, nie net die hul sondige koning nie - hy was die hele volk se God. So ten spyte van hulle koning was God nog steeds betrokke by Sy mense.
Daar was ‘n Koning met die naam Ben-Hadad hy was van Sirië en hy het besluit om Israel aan te val en het toe al sy troepe opgeroep.
Agab was baie ontsteld hieroor. Hy het die land se leiers bymekaargeroep en vir hulle gevra wat hy moes doen.
Die Leiers van Israel sê toe: “Moenie toegee nie! Moet u nie aan hom steur nie.”
God stuur toe sy profeet na koning Agab: “Meneer, God sê u hoef nie bang te wees nie. Hy sal u vandag laat wen en u sal besef dat die Here die enigste God is.”
En net daar vra Agab vir God hulp… Hy vra: “Hoe moet die aanval verloop en wie moet die geveg begin?”
God het presies vir hom vertel hoe hulle moet maak met die geveg om die oorwinning te behaal, hulle het oorwin en Koning Ben- Hadad het gevlug toe hy sien sy weermag begin verloor. God het vir Israel gesorg. Wat nou hierna moes gebeur het is dat Koning Agab en die hele volk van Israel vir God moes dankie sê. Maar ek lees dit nie in die Bybel raak nie. Laas week het Koning Josafat dadelik God gaan loof en prys vir die oorwinning.
Ons het dan gister, met die hulp van Psalm 100, God geloof en prys! Gesels die week met jou kind daaroor dat ons in die moeilike en die maklike tye God moet loof en prys.
Neem kennis:Sondag (4 September) is ‘n familiediens in die Grootsaal. Dit beteken dat daar GEEN Kinderkerk sal wees nie. Die familiediens is ‘n fantastiese geleentheid vir families om saam bedien te word, so kom en geniet die samesyn in die Grootsaal.
Geniet die week saam met julle kind/kinders.
Groete
Susan Johnston




Comments