top of page

Kinderbediening Ouerbrief (3jr – Gr 5) 21/02/2022

Updated: Feb 28, 2022


ree

Goeiedag ouers,


Gister se storie was van Jesus wat die 10 melaatse manne gesond gemaak het. Julle kan die week vir die kinders die storie lees uit Lukas 17. Net een van die manne het vir Jesus kom dankie sê. Vra vir jou kleuter vir watter goed kan ons vir Jesus dankie sê. Bid dan daardie dankie sê gebed saam met hulle.


Ek wil ook vir julle, as ouers, vra om asseblief geduldig te wees met ons as kleuterkerk. Almal wat daar werk is vrywilligers wat hul tyd kom aanbied om te kom bedien.

Ons moet ongelukkig nog steeds hou by die regulasies van slegs 50% kapasiteit en kan daarom net 40 kleuters per oggend akkommodeer. Baie kleuters wil nie bly sonder hul ouers nie en ouers moet dan insit tydens die les en dan kan ons nie meer kinders akkommodeer nie. As jy een Sondag daar kom en daar word gesê dis vol, verstaan asb! Hier by Kenridge gemeente is kinders welkom in die erediens of anders kan julle gebruik maak van die vistenk.



Kinderkerk (Gr 1 -3)


Ons het gister by kinderkerk gesels oor een van die eerste Priesters in die Bybel, sy naam was Aäron. Aäron was die broer van Moses en Moses se regterhand. Ons lees van hulle twee se vennootskap in Eksodus.


Ons fokus Sondag was meer op Aäron, wat onder druk van die volk Israel ingee het en vir hulle ‘n goue kalf gemaak het om te aanbid. Julle kan hierdie week die storie saam uit Eksodus 32 lees. Ons teksvers vir die dag was Matteus 4:10 - “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”


Ons is nog opsoek na leiers vir ons graad 1 tot 3. Die lesse word vooraf verskaf en diensbeurte is op ‘n aflos basis. Al wat ons van jou vra is om lief te wees vir ons kinders en jou liefde vir God te kom uitleef deur te kom bedien.



Kinderkerk (Gr 4&5)


Ons het gister by kinderkerk gesels oor een van die eerste Priesters in die Bybel, sy naam was Aäron. Aäron was die broer van Moses en Moses se regterhand. Ons lees van hulle twee se vennootskap in Eksodus.


Ons fokus Sondag was meer op Aäron, wat onder druk van die volk Israel ingee het en vir hulle ‘n goue kalf gemaak het om te aanbid. Julle kan hierdie week die storie saam uit Eksodus 32 lees.


Indien julle nie Sondag by die kerk was nie, kan julle saam met julle kinders na bladsy 11 in die boek blaai en saam lees. Agter in die boek sal julle ook die plakkers vind wat julle op die tydlyn kan plak – plak dan Aäron se plakker.


Dan sien ons julle weer komende Sondag by kinderkerk.


Groete


Susan Johnston

Kinderwerker

021 913 4206 (kantoor)

084 447 6149

Comments


bottom of page