top of page

'n Tyd vir omgekeerdes


ree

Tydens die vier weke voor Kersfees vier gelowiges elke jaar Advent. Dit bly 'n goeie tyd om die Bybelse waardes van omgekeerdes weer af te stof en voor uit te pak. 'n Tyd om myself meer weg te pak en Hom meer op te hemel.


Mense hardloop teen einde November hulle bene breek om alles in te pas voor Desember. Tog lees ons om op die Here wag en by Hom krag te kry. Soos wat ou Israel vir die Messias moes wag en ons nou vir sy tweede koms wag.


Mense is teen begin Desember moedeloos moeg vir mekaar en almal se mens-moeilikheid. Tog sing die engelekoor: vrede op aarde en vir die mense 'n welbehae.


Mense verstaan donkerte en duister agendas in ons tyd waarskynlik die beste van alle tye. En dit is nie net Eskom se donkertes nie. Tog lees ons dat Jesus die Lig is wat na die wéreld toe gekom het.


Mense het teen middel Desember feitlik niks oor nie. Tog wil ons gee soos wat Jesus gegee het en ons wil verstaan dat om te gee gelukkiger maak as om te ontvang.


Henri Nouwen se Adventgebed verwoord hierdie Adventspannings meesterlik. Die uitdaging bly om in onsself af te skaal maar tegelykertyd al voller te word van die Jesuskind in die aanloop na Kersfees.


Hy het geskryf, gebid:


"Lord Jesus, Master of both the light and the darkness, send your Holy Spirit upon our preparation for Christmas.


We who have so much to do

seek quiet spaces to hear your voice each day.


We who are anxious over many things

look forward to your coming among us.


We who are blessed in so many ways long for

the complete joy of your Kingdom.


We whose hearts are heavy

seek the joy of your presence.


We are your people,

walking in darkness yet seeking the light.


To you we say

“Come, Lord Jesus”.


 
 
 

Comments


bottom of page