top of page

oor geringstes, onreg en liefde


 

Deur Dave Viljoen










Paulus het homself die ‘geringste’ (1 Korintiërs 15) van al die Here se uitgestuurdes genoem. Die een wat, volgens homself, nie eens die titel van ‘apostel’ werd was nie. Daarby is dit nogal betekenisvol dat die naam Paulus ‘die kleintjie’ beteken. Die onopvallende een!

Jesus het duidelike voorkeure vir die geringstes gewys en sy dissipels herhaaldelik probeer leer dat die telkaarte in die hemel die hoogste tellings opstapel vir mense wat in hulle kleinheid die ander dien.

Paulus is waarskynlik in die jaar 64 nC met ‘n swaard onthoof. As hy nie ‘n Romeinse burger was nie, kon hy gekruisig gewees het.

Keiser Nero het op 17 keiser geword. Sy twee adviserende mentors was Seneca en Burrus. Dit het goed gegaan in die ryk totdat Burrus in 62 nC gesterf het. Seneca is kort daarna gedwing om af te tree. Daarna het Nero van sy vrou Octavia geskei en met sy vriend se vrou getrou. Haar naam was Popaea. Sy was sonder beginsels. Popaea was ‘n bekeerde Jood.

‘n Groot brand het in Julie 64 nC die helfte van die stad Rome verwoes. Die Jode is onmiddellik verdink van brandstigting. Popaea het toe vir Nero opdrag gegee om eerder die Christene daarvan te beskuldig. En hy het dit met oorgawe gedoen.

Ander mense het weer geglo dit was Nero wat die brand veroorsaak het. Om homself van die blaam te probeer onthef, het hy die Christene met nog meer passie beskuldig. So moes die gelowiges in Rome onregverdiglik ‘n dubbele skuldblaam dra. Die van die Jode en van Nero. En Paulus het dalk met sy lewe daarvoor geboet.

‘n Mens wonder wat Paulus oor al hierdie onderduimse verwikkelinge sou sê? Miskien iets soos sy tydlose woorde van bemoediging in Romeine 8: ‘Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal – deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.’

Mag alle gelowiges daardie soort opofferende liefde ontvang en wyd aangee!

Lekker naweek verder.



15 views

Recent Posts

See All
bottom of page